x
Pierre Hugo's photo of Cape Town

Red Bull Big Wave Africa,Dungeons 2008

Average rating of 4.28 from 122 votes

Cape Town

Spot Location: South Africa > South Africa > Cape Town

Date Taken: . 22786 page views since 13th August 2008.

Historic forecast unavailable for this photo.
soutie's avatar

soutie Oct 23, 2008 Rating: 1

love the light and tone of the colours. great pic. makes it seem even more epic, hohohehaha

bazza's avatar

bazza Oct 22, 2008 Rating: 1

these poofters should be body surfing it with wool wetsuits to earn real respect.

frog790's avatar

frog790 Oct 13, 2008 Rating: 0

oh an this was prob the biggest paddle in surf comp ever held!!!!

frog790's avatar

frog790 Oct 13, 2008 Rating: 1

Just to clear things up its James Taylor on the inside and twigg on his left!

stanley's avatar

stanley Sep 1, 2008 Rating: 0

my god their on some idiots on this site, if that was in europe they would be towing in and still shoulder hopping. big up twiggy you rip!

Wap bap a lu wah do whap bam BOOM. 's avatar

Wap bap a lu wah do whap bam BOOM. Aug 21, 2008 Rating: 1

KiwiJohn, are you sure its biscuits youre eating (nom nom nom)or could they be sour grapes from the world cup? :)

robro's avatar

robro Aug 21, 2008 Rating: 1

Ok ProSurfer. that was uncalled for, gay, and something a nine year old would do.

Shorey's avatar

Shorey Aug 20, 2008 Rating: -2

Right on Pierre,awesome shot of an awesome, heavy, very cold break. The BWA website has some sick photos too, gives a better picture on just how heavy it is.

powergrooves6's avatar

powergrooves6 Aug 20, 2008 Rating: 1

Hookay kiddies--so we're all friends here so play nicely, that includes the class dunces from SA

Wap bap a lu wah do whap bam BOOM. 's avatar

Wap bap a lu wah do whap bam BOOM. Aug 20, 2008 Rating: 1

heyup good shot

Freelancer's avatar

Freelancer Aug 20, 2008 Rating: 0

Sorry guys.You are right.Awesome picture.

catfish's avatar

catfish Aug 20, 2008 Rating: 2

Thanks Piere, great shot man!

powergraves's avatar

powergraves Aug 20, 2008 Rating: 1

I am powergrooves

powergraves's avatar

powergraves Aug 20, 2008 Rating: 1

At last some wise words from SA--from the lensman hisself too. PS I'm not gay!

Pierre Hugo's avatar

Pierre Hugo Aug 20, 2008 Rating: 1

yoh! guys chill! its just a picture.. like it or not, its still a heavy spot. It makes up in power for what it lacks in size. belive it or not, one can realize that it is a dangerous spot when you are sitting on a boat out there.. shifty and unforgiving.. OR! Perhaps we should call it small wave africa, so some insignificant people dont get upset.. By the way, you are supposed to judge the quality of the photo, not the surf ( thats just the bonus)! SAFFAS, stand together! AWE!

catfish's avatar

catfish Aug 20, 2008 Rating: 1

What?

Freelancer's avatar

Freelancer Aug 20, 2008 Rating: 1

Oh boy,another nasties list wannabe.LOSER.

catfish's avatar

catfish Aug 20, 2008 Rating: 1

Preaching 'clutch plates", here we go. Somebody get this guy a pulpit in Krugersdorp! Nobody cares what you write in afrikaans tool!

Freelancer's avatar

Freelancer Aug 20, 2008 Rating: 1

Nou word hierdie partytjie baie kwaai. Jussie maar julle ouens kan darem baie kak praat.I had no idea there were so many dutchmans living all over the world.

mg's avatar

mg Aug 20, 2008 Rating: 1

Had Enough, that's just stoopid. That whole story is about you being gay!

powergraves's avatar

powergraves Aug 20, 2008 Rating: 1

fuckitie fucketee feck the worlds gone goddam crayzeeeeeeeeeeeeeeeeeeee!

yobbydobby's avatar

yobbydobby Aug 20, 2008 Rating: 1

Had Enough, please tell me thats copied from somewhere and u didnt just sit there and type it all yourself lol!:) And as for you ROBRO: We're all MUCKING ABOUT,MUCKING ABOUT MUCKING ABOUT,MUCKING ABOUT, MUCKING ABOUT,MUCKING ABOUT, MUCKING ABOUT, MUCKING ABOUT, MUCKING ABOUT,MUCKING ABOUT, MUCKING ABOUT,MUCKING ABOUT, MUCKING ABOUT,MUCKING ABOUT MUCK OFF IF YOU DONT LIKE IT!

yobbydobby's avatar

yobbydobby Aug 20, 2008 Rating: 1

Haha lol! Ek & Die Braai deur Toast Coetzer (kopiereg voorbehou - lees dit, dont' fuck with it) Deel 1 1. Dit was somer en Die Braai het gekom. Soort van net verskyn een dag, en ek was baie bly, want ons’t mekaar vir lank glad nie raakgeloop nie. Toe ek hom laas gesien het, sou hy Johannesburg toe gaan vir besigheid, presies wat kon hy my nie vertel nie. Dit was ‘n jaar en ‘n half terug. Ek en Die Braai kom al ‘n lang pad saam. Maar selfs nie eers ek kon altyd seker wees van waar hy homself bevind nie. Dis nie dat Die Braai wispelturig was of enigiets nie - wel hy was, maar nie aspris nie – hy’t bloot verkies om sy eie ding te doen. Soms was hy oorsee sonder dat enigiemand weet, ander kere het hy bloot nie sy telefoon geantwoord nie. Ek glo ook nie sy storie dat sy email ‘stukkend’ is nie. Ek geniet sy geselskap baie, soms dink ek hy’s die enigste een wat my werklik verstaan, maar dis tog onmoontlik. Wat hy baie goed doen is praat en luister. Meeste mense sal jou vertel dat hulle beste vriende goeie luisteraars is, bedoelende dat hulle al hul probleme kan aflaai in hierdie goeie, groot oor waneer dit ook al nodig sou wees. Sattelietskottels, oopgevoude koolblare, die heupbeen van ‘n walvis. Iets in dier voege. Maar dis tog net die helfte van die perfekte vriend. ‘n Vriend sonder goeie stories is soos ‘n priester in die confessions boks - eenrigtingverkeer. Vir al jou kleinlike probleme en simpel kwessies moet jou vriend ‘n stywe versameling staaltjies hê wat jou eie issues na niks sal laat lyk nie. En as dinge nou effens sensitief raak, moet die vriend ook so paar simpatieke items kan afstof sodat die pyn en lyding tussen julle gedeel kan word. Dan’s almal se juk ligter, al is dit net tot môremiddag wanneer die hangover soos ‘n niersteen ten aansigte van die waarheid oplos, ontdooi en die kamer verlaat, stilletjies en sonder verwyt. Die Braai is so tipe vriend. Hy’t ontsaglik baie stories, ek weet nie hoe hy dit doen nie. Tog, nes ek dink hy weet alles, dan vra hy weer vir my iets en dan besef ek ons is eintlik maar op gelyke voet. Maar ek’t baie respek vir hom, daar’s iets in sy stem wat, selfs wanneer hy grappies vertel of die instruksies van ‘n boks aflees, elke woord tegelykertyd hartseer en hoopvol laat klink. Ek weet nie altyd of ek moet lag of huil nie, maar dis gewoonlik lag, want Die Braai kan ook baie goed lag, en hy begin altyd eerste. Ek’s ook maar bly hy ken so baie stories, want ek is nie so goed met praat nie. Ek’t nou wel stories, maar ek’s versigtig om te veel sê, mens weet nooit waar die stories gaan draai nie. Iets moet altyd teruggehou word vir noodgevalle, soos as jy weer moet trou, weer verlief moet raak, iets aan die polisie moet verduidelik of vir wanneer jy droom, dis wanneer die geklassifiseerde lêers handig te pas kom. Op ‘n manier, in elk geval, as jou beste vriend soveel stories het, dan praat hy dikwels namens jou. En as hy jou goed genoeg ken, dan sal hy sonder moeite stories begin vertel wat weerspieël wat jy dink en voel. Dis waar die ware talent lê, mens moet daarmee gebore word. Die Braai is so gebore, mens kan maar sê met die braaivurk in die mond, maar ek sou dit nie voor hom sê nie, want alle grappies was soms op ‘n stokkie. Ek het hom daai dag in Die Stad raakgeloop. Ek was op middag-ete en net in die straat af van die werk besig om te wag vir my pastei, wat die vrou agter die toonbank met ongevraagde minagting in die mikrogolf gedruk het. Sy’t die tyd op drie minute gestel, ek’t gesien, terwyl sy goed weet ek vra gewoonlik net vir 30 sekondes. Ek het haar geignoreer, maar in my kop het ek haar vasgebind op ‘n kombuistafel, ‘n skurwe stuk ScotchBrite staalwol in haar mond geprop, ‘n blik Illovo goue stroop oor haar lyf laat drup, stadig, sodat dit in al die gate kon inkruip, strokies kaas aan haar kuite vasgeplak met sellotape, aspersies tussen haar tone gedruk, blikkies Bully Beef in haar bra-cups omgedop, haar klere met melk deurdrenk, sardientjies rofweg oor haar gestrooi en toe die huis verlaat, die deure gesluit en op ‘n lang plesierbootreis na die Karribiese eilande vertrek sodat sy in my afwesigheid deur Argentynse miere, huismuise, klaasneusmuise, muf en tyd afgetakel sou word. Sien, niemand kan ‘n pastei eet nadat dit drie minute in ‘n mikrogolf was nie. Iets gebeur met elke goeie pastei na so twee minute in daai weergawe van hel, daai gemene stukkie wonderlike 80s tegnologie wat skynbaar vir altyd met ons sal wees, bestraling of te nie. Hulle’s nooit weer dieselfde nie, sulke pasteie, hulle verloor wat oor is van hul siele. ‘n Pastei het reeds bitter min siel om mee te begin. Skilferdeeg het omtrent nul siel, maar die vleis leef nog so half, dis ten minste verteenwoordigend van een of ander magtelose bees, hoender of vark wat die finale offer vir die mensdom gemaak het. Ek weet nie hoekom haat daai vrou my so nie. Die venyn. Dalk weet sy ek werk by die koerant, al probeer ek juis so hard om dit stil te hou. Of dalk kan sy my gedagtes lees. Daar was nog ‘n minuut en ‘n half oor op die mikrogolfklok toe ek Die Braai merk deur die pasteiwinkelvenster waar hy by die robot wag vir die rooi mannetjie om groen te gloei. Ek kon hom net van so skuins agter sien, maar dit was onmiskenbaar hy. Niemand dra soveel hoede soos hy nie, niemand blink en skitter so van die juwele nie, niemand reis met ‘n groter geselskap nie, niemand se hare het soveel krulle en geweefde punte nie, niemand se nek bult soveel stembande nie, niemand se skouers is die beginpunte van sulke pragtige vlerke nie, niemand se bene is so rats en so soepel nie, niemand se voete het soveel chroom om die kante nie, niemand se naels krul so Florence Griffith-Joyner-agtig nie, niemand loop met so brullende dier aan ‘n leisel rond nie, niemand het meer vrouelippe om hul ore nie, niemand het hul eie orkes in ‘n gazebo (op die rûe van bergskilpaaie) met bypassende spuitfontein nie. Die Braai het so geleun teen die geel verkeersligpaal, en uit sy los hand kon ek die ping-pong balle, die herfsblare, die seeumeeukuikens, die kondensmelkblikkies, die sywurm Bybelvers-boekmerkies, die 20 sent arcade games, die kleilat-latte, die aartappelmoere en die goedkoop sekondes sien tuimel - hy was weer besig om mense dinge te help onthou. Ek’t sommer net uitgeloop en terselfdertyd besluit om nooit weer pasteie by daardie winkel te koop nie, selfs al sou dit beteken dat ek van nou af twee blokke verder moes loop om ‘n goeie pastei in die hande te kry. Party dinge is die ekstra moeite werd. Ek’t hom aan sy skouer getik en hy’t my dadelik herken, al was my hare anders (OK, minder) en my baard so lank. Ons’t mekaar omhels en ek kon aan sy asem ruik dat hy weer begin rook het. Dis nou nadat hy, toe ek hom laas gesien het, al vir ses maande die goed afgesweer het. Die goed sal my nog doodmaak, het hy toe gesê. Ek’t gesê ja, op ‘n manier. Hy’t natuurlik nog net dieselfde gelyk, ek weet nie hoe hy dit regkry nie. Min mense lyk van nature fiks en gesond, en ek weet vir ‘n feit dat Die Braai nog nooit voet aan treadmill of hand om dumbell gesit het nie. En sy leefstyl is allesbehalwe gesond. Hy eet gemorskos en te veel vleis, hy hou van sjokolade en lekkergoed. Hy drink verskriklik, of dalk drink hy net verskriklik wanneer hy saam met my is, want ek drink verskriklik, en hoe sal ek nou weet wat hy werklik doen wanneer ek nie saam met hom is nie? Sy vel is ook blakend gesond, hy’t die vel van iemand uit die Ooste, soos karamel, en sag, al spandeer hy so baie tyd buite in die son, op die krieketveld, die slagveld, langs die viswaters, in die trope, in die woestyn. Dis asof die son dwarsdeur sy lyf skyn sonder om die vel te beskadig en eerder ‘n dowwe rooi gloed laat waar sy skaduwee behoort te wees, skerp lig deur ‘n groot robyn, in die plek van sy hart. Dit was ‘n pragtige dag, somer, soos ek gesê het, en ons besluit toe om sommer in die park te gaan sit. Die park was baie besig die tyd van die dag, maar as ons gelukkig was, sou ons ‘n oop bank êrens in die skaduwee kon kry. Dit was van ons altwee se roetes af, en ek sou seker laat terug by die werk wees, maar ek’t nie omgegee nie, en ek’t nog minder omgegee oor wat my baas sou sê. Ek’t vir Die Braai gesê ek wil hom nou nie uit dringende sake hou nie, maar hy’t gesê hy was in elk geval net oppad drankwinkel toe. Ek dink hy’t dit net gesê omdat ek saam met hom was, maar was te bly dat hy lus was vir gesels. Om ons het die stad net so weer toegevou, soos ‘n warm mango, asof dit niks noemenswaardig was dat ek Die Braai weer raakgeloop het nie. Mense het geglimlag en gefrons, karre het geblink en geraas en in geboue het vensters die dag weerkaats, en het die geheime ratte van hysbakke mense na ander vloere gekarwei. Net voor ons die hoek buite die pasteiwinkel verlaat het, het ek skielik ‘n idee gekry. Die Braai was net die regte kameraad hiervoor. Ek’t hom vertel van my pastei, wat teen die tyd seker al ontplof het in ‘n miljoen sissende stukkies steak en kidney en skilferdeeg, en die vrou. Ons’t tot teen die venster van die winkel geloop en ek’t gewuif totdat die vrou ons raakgesien het. Ek kon my pastei soos ‘n kloppende kleefmyn op die toonbank sien lê, en sy’t daarna beduie en geglimlag asof sy die heks was en ek en Die Braai Hansie en Grietjie. Toe’t ons omgedraai, ons broeke afgetrek en ons kaal boude teen die warm winkelvenster gedruk, asof ons kinders was wat met soetgekoude lippe vassuig aan ‘n opgedraaide karruit. Die donker oë van ons poepholle kon sien hoe haar gesig vervaag van glimlag tot ‘n studie van afgryse en dit het ons baie genot verskaf, al was dit nou eenmaal kinderagtig. Niemand behalwe die vrou het gesien nie, die winkel was leeg, en die straat agter ons te besig vir detail. Ons’t ons broeke weer opgetrek, weer vir haar gewaai en buite sig geloop. Tot siens pasteiwinkel. www.sienjoulater.com. Die Braai het gelag, en ek was skielik so gelukkig, dit het gevoel asof die nuwe jaar, halfpad deur Januarie, nou eers amptelik begin het. In die park het dit geleef en gebeef, boemelaars en toeriste het sy aan sy gestry oor die Latynse name van bome, kinders het bont balle geskop en katte bekruip wat duiwe bekruip wat broodkorsies oppik, skoonmakers het hondedrolle bymekaargehark en in sakke gestop, en honde het teruggeveg deur agter hul rue vars, nuwe slagysters te plant, met nuwe, meer hardnekkige stanke en teksture. Selfs al sou die skoonmakers hulle sien, sou hulle nie omgee nie, want sonder hondedrolle sou hulle seker werkloos gewees het. Op van die banke het ou mense gesit, in die son meestal, asof hulle nog glo dat mens ou batterye kan herlaai deur dit op die sinkdak te los vir ‘n paar dae. Ou mense met lapperige voue waar hulle oë moet wees, groot bruin vlekke en moesies in hulle nekke, asof die vel vuil rivierwater is met donker visse wat net onder die oppervlak swem, en plastiekbottels en supermarksakke wat hier en daar uitsteek, die moesies en die groeisels. Hul velle sweet en blink, soos volstruisleer-handsakke wat vir te lank te vol geprop was met allerhande medisynes en lipstiffies en haarborsels en Parker penne en notaboekies en handwapens en kougom en kontantstrokies en serpe en beursies en los munte en sakdoeke en Super C’s, maar nou leeg uitgeskud lê, eenkant in ‘n steeg, asof dit wat daarin was gesteel is deur straatkinders. Op ander banke was dronklappe uitgestrek in protes teen die algemene samelewing, in protes teen die persepsie dat mens moet werk om te bestaan, in protes teen die mite dat werk self in der waarheid bestaan en van enige waarde is, in protes teen die lewe wat hulle dalk eerder dood sou wou hê, met die reuk van drank, sweet, vuil klere en stof soos grys stuifmeel om hulle, met vlieë en muggies hulle eie suikerbekkies en bye, wat van die een na die ander fladder en zoem, resepte uitruil en sake doen. Daar was ook mense soos ek, uit op middagete, wat met kollegas gesels terwyl hulle gatsbys deel, hoenderstukkies uitmekaar haal met hulle knypers, koeldranke leegsuig met strootjies, verfynde erdvarke. Mense met kantoorklere, dasse tydelik effens losgemaak, dun bene wyd uit mekaar staangemaak, die vasgemaakte strikke en dungeloopte hakke van leerskoene wat stommerig en strammerig ritmes tik op die dik groen gras. Nou en dan kon mens ook eekhorings sien, wat vinnig dinge gryp en dan weer teen bome uithardloop, asof die grond te warm is vir hulle, die senuweeagtige springmielies in die warm pan van die stad. Dalk is hulle bang vir die katte, of die kinders wat die katte bekruip. Wie weet, maar iets jaag hulle. Ek en Die Braai kon nie ‘n oop bank in die skaduwee kry nie, wat nie verrassend was nie, dit was besig vandag. So ons’t onsself maar tuisgemaak op ‘n stukkie trap, daar waar die park so meter of twee klim na die groot fontein se kant toe, in ‘n groot palmboom se graterige skadu, wat mens net vang as jy mooi sou sit en jou lyf yl hou. Die lug om ons was gevul met die reuk van hitte wat opdamp uit die strate en bome en blomme, en die oorskietkos van mense in asblikke wat orals oorloop en drup soos smeltende roomyscones, ‘Hou Ons Stad Skoon/ Keep Our City Pretty’ hulle verbete leuse. Waar’s Zibi as jy hom nodig het? Die skoonmakers kom net op Donderdae vir vullisblikke. Woensdae was vir hondedrolle opsy gesit. Mens kannie al jou werk in een dag afhandel nie, dan skiet jy jouself in die voet. Daar was ook baie klank, alles hier het skynbaar klanke gemaak, behalwe dalk die bome en die gras, maar selfs hulle moes nou en dan ritsel, soos die swaar lug sy gewig van die een voet na die ander versit, soos laagdrukstelsels om die Skiereiland beweeg, stukkende voetblase, pap selwande, deure in ‘n groot huis wat oop en toegaan. “Ai, dis lekker in die Kaap,” het Die Braai gesê en teruggeleun op die trap, hande agter die kop inmekaargevou, voete wat lui plek soek, “Kyk net al hierdie mense, kyk net hierdie lekker son, voel hom, kyk al die eekhorings en die duiwe, die kinders en die dinge. Die plesier.” “Ja,” het ek gesê, so half as antwoord. Dit was stil tussen ons vir ‘n rukkie, terwyl ons seker maar altwee na ‘n manier gesoek het om die gesprek te begin. Toe vra ek maar, “So, wat gaan aan? Wat maak jy deesdae?” Die Braai se oë was half toe, en hy’t definitief die vraag verwag, dis tog net redelik, en het begin, nie gehaasd nie, maar baie definitief. “Ek reis maar nog so rond soos altyd. Soms net van dorp tot dorp, maar was ook bietjie oorsee. Mens bly tog maar waar jy ry. Jy weet, die gewone. Amerika, Engeland en ook Mexiko, wat heel opwindend was, en Honduras, burger-oorlog, jy weet. Amerika is maar nes jy sou dink, Walmarts en hiphop sterre, perfekte grasperke en ghettos, hang af van waar jy uithang en wat jou gif is. Die suide is nogals rof, soos die Vrystaat, as dit in ‘n moeras was, en Bloemfontein vol bluesbars. En die noorde, die koue het my goed gedoen, daar om Lake Superior rond, Duluth, die Groot Mere, jy weet. Die ys brand jou kop skoon, jy dink skielik helderder. Mooi wêreld, woude, bewers, eende. Engeland’s maar net dieselfde as wat almal jou altyd vertel. Grys in die dag, maar uitspattig in die nag. Hang af wat jy doen. As jy geld het of op vakansie is, kan dit pret wees, maar as die moltrein jou net karwei van jou bed na jou werk, dan soek jy vir moeilikheid. Ek was nie lank daar nie, te neerdrukkend. Son gesoek. Op pad terug deur Wes-Afrika, bietjie besigheid, maar voor jy weet, burger-oorlog in die Ivoorkus. Was nou nie in die middel van ‘n panga geveg nie, maar genoeg lyke gesien om ‘n ordentlike kerf op my apoko-toerisme program te wees. Jy weet, apoko-toerisme, die soeke na die geskiedenis van die wêreld, soos dit gebeur, in volkleur. Apokalips. Ek wonder wat gaan aan met mense... “ So’t Die Braai begin, en ons sou seker die heelmiddag daar gesit het, maar die kantoor het my so halfdrie gebel op my selfoon, vol vloekwoorde, en laat weet daar’s ‘n brand êrens op die Vlakte, en waar die hel was ek? Ek moes uitgaan op die storie. Ek’t verduidelik en Die Braai het verstaan, gesê hy moet in elk geval ook seker koers kry. Ek’t hom my nommer gegee en hy’t gesê ja, ons moet iets doen een of ander tyd, dalk visvang of sommer net op ‘n roadtrip gaan, miskien Kunstefees toe in Oudtshoorn. Ek’t gesê ja, natuurlik, dit sal lekker wees, dit sal sommer baie lekker wees. 2. My foon lui so twee weke later, Die Braai praat iets van hengel by ‘n dam naby Stellenbosch êrens. Ja, die naweek is perfek, niks aan nie. Bring ‘n coolbox met ekstra ys, ek sal die drinkgoed bring, sê hy. Nee maar reg, sê ek, en ons maak die reëlings vas. Ek ry die stad uit laat Vrydag-middag. Die naweek drukverkeer is al amper verby, maar die N1 is maar nog stram hier en daar tot verby die Jip de Jager afrit, dan gaan dit beter so verby Durbanville en uit Kraaifontein se kant toe. Dis al amper 7-uur wanneer ek die Klapmuts-afdraai vat, maar dis nog goed lig, die sonsondergang in my truspieëltjie nog nie halfpad so swierig soos hy nou-nou gaan wees nie. Agter in my Beetle lê my visstokkie, een van daai kleintjies wat jy uitmekaar kan haal, soos ‘n skerpskutter se geweer, dit laat my voel soos die ou van Day of the Jackal. As die polisie my nou stop sal die uniform ingenome met ‘n Bic pen teen die driekwart-afgedraaide ruit tik en sê, Waarheen dink jy gaan jy, mannetjie? Verder is daar ook: skepnet, hounet, viskas, roomys-bak vol pap, emmertjie vol erdwurms, slaapsak, 2 kampstoele, gaslamp, graaf, koelboks vol ys, vyf bottels Tassenberg (750ml), ses quarts Black Label, twee quarts Milk Stout, een bottel tequila (goedkoop), een bottel vodka (goedkoop), twee 2liter bottels Sprite, 2liter water, flits, bondeltjie hout, pak Charcoal, pak Blitz, braairooster, ‘n opblaas-eend, ‘n kettie en ‘n Pick & Pay sak vol ronde klippies wat ek in Desember by Onrus opgetel het, spesiaal vir kettie-doeleindes. Dis die laaste uit my geheime wapenopslagplek (Weapons of Mossie Destruction – wel, ek’t gedink dis snaaks op daai tydstip) onder die voorstoep tussen die leë plastiek potplant emmers en ander goeters wat na ou honde ruik, selfs al het ek nie honde nie. Mens weet nooit wanneer ‘n plek nie goeie kettieklippies het nie. ‘Voorkoming kom altyd te laat’ is ‘n slagspreuk wat ek die laaste ruk gereeld verkeerd bewys. Die Braai wag vir my by die petrolpomp in Klapmuts, soos afgespreek. Hy leun teen ‘n Coke advertensiebord en kyk anderpad, na waar ‘n paar skoolkinders luidrugtig die naweek inlui met ‘n bietjie sokker in die stof, tennisbal wat soos pinball-albasters tussen die skerp hoeke van hul bene rondwip. Ek’s vyftien minute laat, maar ek’s altyd vyftien minute laat, so hy gee glad nie om nie. Dis besig op Klapmuts, self maar net ‘n glorified kruispad-stasie, met rooi boere wat grys werkers aflaai en oplaai, ou smouse wat warm tamaties en gekneusde vrugte verkwansel, geknakte broodblik busse wat die stopstraat ignoreer en swaar en vinnig in die rigting van die Paarl begin aanleun. Alles gloei nou oranje, die onsigbare sonsondergang wat die lug bo ons vol kom lê, die einde van ‘n warm dag. Die Braai kyk so na al die items op my agterste sitplek en glimlag. “Ek dag ek’t gesê ek sal die drinkgoed bring.” “Mens weet nooit nie,” sê ek, maar toe ek hom sy goed help inpak, begin ek self twyfel. Een appelboks vol Tassenberg (2,5l bottels), drie kaste Black Label (kannetjies), vier bottels vodka (goedkoop), een bottel tequila (duur), twee 5l bokse witwyn (goedkoop), vier halfjacks Mokador en een bottel Jagermeister. Die kar begin swaar leun op sy asse. “Ja,” sê hy, “ek hoop nie jy hoef Maandag by die werk te wees nie.” Ek maak weer die Beetle se tenk vol, net ingeval, en dan ry ons in die rigting van die berge. Die Braai vertel hy ken iemand wat ‘n wynplaas daar besit en die ou het gesê hy kan enige tyd kom visvang as hy lus is. Dis nie lank nie of ons kry die afdraai-bordjie, gelukkig is dit nog lig, want anders sou ons dalk skoon verbygery het. Glad nie wat mens verwag van ‘n wynplaas nie, geen imposante ingangshek of pseudo-outydse naam nie, sommer net iets generies soos ‘Boskloof’ geverf op ‘n stuk plank wat al te veel weer gesien het. ‘n Ent die pad op, dui Die Braai aan dat die nood druk, so ek stop sommer net so in die middel van die pad. Ons altwee klim uit en staan wydsbeen op die leiwal langs die wingerd. Opslag-lusern en allerhande grasse en onkruide staan welig om ons voete, die wilde vrot metaalreuk daarvan wat gekneusd ons neuse bereik. Bye wat die laat skof werk styg hier en daar op uit die pers lusernblomme. Op die groot grondpad wat nog sigbaar is laer af in die vallei, volg ons ‘n stofstreep wat haastig deur die draaie vleg en dan oor ‘n bult verdwyn. Ons is nou hoog genoeg om ‘n deel van Stellenbosch in die verte te sien. Dalk Idas Valley, dalk nie. Alhoewel die son al onder is, is dit een van daai skitterende somersdae wat nog tot na agt gaan lig gooi, met die reuke van die nag en die dag wat so stadigaan begin meng, die koel en die warm, die plante wat uit verleptheid herstel, die warmgebakte grond se groot asemteue amper hoorbaar onder die wiele. Soos ons verder die stamperige grondpad opry, vensters oop en biere vasgeknyp tussen die bene, praat die laaste dagvoëltjies nog uit die wingerd terwyl die een watervoëlswerm na die ander krul en vou soos linte deur die lug oppad na hul slaapplekke toe. Na ‘n ruk vurk die pad, Die Braai beduie ‘regs’ met sy bierhand, die een wat meer uitgetrap lyk. “Wil net vir die ou gaan sê ons is hier, dat hy nou nie laat vanaand op ons gaslamp begin skiet of iets nie.” ‘n Paar honderd meter verder verskyn die huis tussen die digte bome. ‘n Grasperk lê rofweg vestrooid oor die jaart, nes die blomme, wat groei waar die karre nie ry nie, wit varkoor lelies meestal, maar ook pers agapanthas en een of ander rooi blom. Die huis self is duidelik baie oud, maar geen herehuis soos die wynplase in die reisbrosjures nie, hierdie is nie ‘n skouplaas nie, meer funksioneel. Hulle leuse is dalk iets soos: ‘Ons Maak Wyn - En Dan Drink Ons Dit’. ‘n Lig gaan vanself aan op die hoek bokant die stoep wanneer Die Braai vinning optrippel teen die trappe en ‘n naam uitroep deur die half oop deur. Iemand antwoord skynbaar van binne en hy verdwyn buite sig, die sifdeur wat toeklap agter hom. Dit gee my kans om my bier leeg te maak en die werf te bekyk, of dit wat ek daarvan kan sien. ‘n Groot hond kom nou aangelap van agter af, ‘n ouerige Labrador, jy kan dit sien aan die wit kolle en groot maag. Hy begin so half glimlaggend vir my blaf, maar stop dan skielik en lig sy been teen ‘n koperkraan aan die kant van die stoep, mondhoeke wat so skeeftrek van die lekkerkry. Die Braai se deur staan nog oop, so hy draf daai kant om en loer vir my met ‘n skewe kop, klappende stert en nuuskierige oë. Ek leun oor agtertoe en vroetel rond vir ‘n stukkie droëwors tussen ons verskillende proviand, breek so duim af en sit dit op my hand. Hy’t dit al lankal geruik, maar lyk baie goed geleer, wag eers vir my om my kop so vorentoe te knik soos ‘n koggelmander en dan eers lek hy die stukkie wors van my hand af sonder om my hele voorarm af te byt. ‘n Vinnige sluk en ‘n geklap van kake later draf hy na die agterwiel toe en tik gou ‘n brief. Text messaging prototipe. Microhond Works 2000BC. Dis nou redelik stil en ek kom skielik agter die radio suis net – natuurlik lankal buite Radio 2000 opvangsgebied, seker al vandat ek van die N1 afgedraai het, maar ons’t so lekker gesels ons’t skaars agtergekom. My radiovingers rol die knop so bietjie diekant toe en daaikant toe, maar niks meer as ‘n paar gebroke woorde en skel tunes kom uit nie, so ek skakel die stel af. Gelukkig het ek ‘n hele paar tapes en my ou tape recorder ingepak, plus ekstra batterye. Daar’s nog geen teken van Die Braai nie, so ek klim uit om my bene te rek. Die hond is gou by en stamp teen my been vir aandag en draf dan vooruit, terug na waar hy vandaan gekom het. Ek volg hom verby die kant van die huis waar allerhande rankplante teen pale en patiopilare rank, die pers blomme wat soos vet kouse daar hang, die reuk van ou tannie deodorant, maar warmer, meer lewendig as muwwerig. Links onder die bome steek ‘n ou Mercedes by die waenhuis uit. Dis nog ‘n ou klipwaenhuis, met trappies aan die kant wat na ‘n solder lei. Rooivlerkspreeus krap teen die geute soos hulle slaapplek soek vir die nag, hul helder roepe wat soos klein klippies deur die lug suis en dan in diep waters plons. Agter die huis is daar nog ‘n groot stoep, maar op grondvlak, en die gras is weliger, asof dit minder gesny word. Of dalk ry daar net nie karre nie. Die grasperk val weg in ‘n groot swembad, wat donker lyk, mens kan nie seker wees of die water blou of groen is nie. Dit sprankel soos ‘n groot vierkantige oog, die water nie heeltemaal stil nie, asof iemand nou-nou nog geswem het, of dalk is daar ‘n stil Kreepy Krawly wat sy rubberlippe teen die bodem stompstamp. Ek spits my ore, maar hoor niks nie, en sien dan die nat voetspore van waar die trappies uitkom. Ek plaas my skoen langs die nat kaalvoetspoor. Dis kleiner as myne, maar nie veel nie. Dalk ‘n vrou s’n, of so wil ek natuurlik dink. Dieper die tuin in, tussen allerhande wildgroeiende struike en onbekende blomme, staan ‘n gehawende gazebo. Neffens dit lei ‘n toegegroeide voetpaadjie na iets wat soos ‘n tennisbaan lyk, maar dis moeilik om te sien van waar ek staan. Duidelik het Boskloof al meer glorieryke dae beleef. Die hond druk weer teen my en die keer het hy ‘n vuil tennisbal in sy mond wat ek probeer gryp sodat ek dit vir hom kan gooi, maar hy ruk sy kop weg en hardloop weer om die huis. Ek hoor ook dan die deur klap en loop haastig om na waar Die Braai al amper in die kar is. “Hy sê dis cool. Hy’t blykbaar ‘n partytjie hier aan môre-aand, so hy’t gesê ons kan kom as ons wil, want dit gaan maar rumoererig wees. As ons gedink het ons gaan in stilte visvang.” “Ons kyk maar hoe byt die vis, as dit byt-tyd is, sit ek daar, rumoer of te nie.” “Ja, ons kyk. Hy sê een van sy werkers het in Desember ‘n 9kg spieëlkarp uitgetrek hier, so dalk is ons gelukkig. Ook groot babers.” “Afrika se grootwild, nice.” Ons praat geesdriftig terwyl ek ‘n wye u-draai maak voor die huis, oor die gras soos ek kan sien al die ander karre maak, en dan ry ons terug na waar die vurk in die pad is en vat die keer die ander tak. Ons is weldra teen so klein stroompie, waar die populierbome dinge heeltemaal vergroei. ‘n Paar groot ou wilgers se lang slap takke sleep ligweg op die grond en streel soms oor die dak van die kar. Die soet reuk van die bome vul die kar, voeg ekstra smaak by elke sluk bier. Dit laat my dink aan toe ek klein was, klein genoeg om aan takke te swaai soos Tarzan. Daai groot wilgerboom in die voortuin waaronder ons altyd tee of koffie gedrink het in die somer. Geelvinke het gedurig die takke kaalgestroop en met morsige entoesiasme nesgebou. Tot een jaar, toe die weerlig die boom raakgeslaan het. Stadigaan het dit begin vrek en later, toe net een tak nog gelewe het, het my pa besluit om dit maar af te saag, voor die wind dit omwaai en die hele spul op die huis val. Ons’t die boom aanvanklik gemis, maar nie vir lank nie, want ons krieketveld het skielik ‘n nuwe dimensie bygekry. Mens kon nou ook na die bykant speel. Links van ons is nog ‘n stuk wingerd teen die steilte en dan die berg, nou al hoe donkerder teen die lug, die skadukant van die kloof. Die dam is aan die einde van die pad, ‘n groot, vol gronddam wat seker die grootste deel van die plaas se bron van besproeiing is. Die oewer is mooi skoon en begroei met kikoejoegras, met ‘n paar perfek geplaasde skadubome sigbaar. “Parkeer sommer hier, dit lyk goed,” sê Die Braai en ek ry stadig oor ‘n paar klippe na die grasoewer, “ons kan môre skuif as dit lyk of daar beter plekke is.” Ons klim uit en begin vinnig dinge gereedmaak voor die laaste van die lig verdwyn. Die gaslamp gaan eerste aan, en die bietjie nag om ons word vinnig verdoof deur die gesis van die lig, wat wit en wyd ‘n sirkel gooi, net ons twee en die kar en die bruin water en die groen gras. Voor ons verder drink of dink aan kosmaak, sit ons ons visstokke aanmekaar, hoeke en sinkers aan, en rol so bietjie pap vas om die hoek. Sodra ons ingegooi het, nie ver nie, sommer net so tien tree in, sit ons elkeen ‘n helderkleurige poliesman aan, draai ons katrolle se brieke los en maak die stokke staan oor mikstokke, wat Die Braai saamgebring het. Die twee kampstoele word uitgevou en ons plak ons lywe genoegsaam daarin neer, die koelboks tussen ons. Ons sal later ‘n vuur bou, wanneer dit kouer begin raak, of wanneer ons honger is en lus voel om iets op die kole te gooi. Na ‘n rukkie staan ek op om die gaslamp, wat reeds ‘n swetterjoel motte en allerhande goggas begin lok het, af te skakel. Dit vat die nag so paar minute om uit sy dop te kruip, maar dit begin weldra dreun om ons soos die paddas en die insekte begin te roep en te skuur, met naguiltjies, dikkoppe en kiewiete wat kort-kort skel mondfluitjies en toeters blaas uit onsigbare oorde. Dis nou heeltemaal donker en bokant ons lê die lug vol sterre, van die skerp swart rand van die berge tot daar waar Stellenbosch en die stad se ligte dit begin uitdoof na die westekant toe. Daar’s nie ‘n maan nie, maar die landskap om ons is tog effens belig, dalk omdat die sterre so helder is, dalk omdat al die dag se son nog nie verdamp het nie, asof die aarde ligweg gloei van onder sy growwe kors. Tussen die bome deur is ‘n lig sigbaar uit die rigting van die eienaar se huis. Ons is seker amper ‘n kilometer weg van die huis, soos die kraai vlieg. Voor ons strek die dam in die donkerte uit, so 70 meter wyd teen sy wal, en niks meer as 4 meter diep nie. Dalk nog vlakker, afhangende van hoeveel slik hier inspoel. Die Braai begin te praat terwyl hy afbuk om stekelrige grassaadjies uit sy kouse te trek. Wewenaars. Dit laat my ook afkyk en ek sien myne is ook vol daarvan. Het dit seker opgetel toe ons vroeër langs die pad uitgeklim het. So tussen slukke bier, knyp ons altwee nou met ons vingers om ons enkels rond om dit af te trek. Die verdomde goed is ook orals, sit selfs in die veters vas. “Ons moet versigtig wees vir bosluise ook,” sê ek en loer na my visstok, “hier tussen die grasse en palmiete sit hulle seker dig teen mekaar.” “Ja,” sê Die Braai, “ons sal maar Sondagaand met spirits moet afwas. Hard skrop tussen die tone. Of Little’s Dip vir sjampoe gebruik.” “Lutjet.” “Dettol.” “Ja, die gevare van hengel. Kontaksport.” “Nes jy dink jy’s voor, trek tifus jou neer.” “AIDS.” “Ons vir jou...” “Verworwe Immuniteits-gebrek Suid-Afrika.” So begin ons die tyd verwyl. Met die visstokke wat stil is en die koelboks vol, praat ons vir ure en ure. Nou en dan staan ons op om ‘n draai te gaan loop of om in te katrol, aas te inspekteer en weer in te gooi. Na ‘n ruk verander ons van aas. Die Braai steek die gaslamp aan en nou ryg ons met baie moeite – bier maak alles stomper en ronder - ‘n paar vet, wriemelende erdwurms deur die hoeke, vee die gronderige slym aan ons broeke af en gooi weer in, dieper die keer. Die sinkers is swaar genoeg dat die plons hoorbaar is bo die geblaas van die gaslamp. Ek kry die bondeltjie hout en vuurmaakgoed uit die kar uit en bou ‘n klein vuurtjie so vyf meter weg van waar ons sit. Gou-gou brand dit mooi hoog, die natterige hout wat baie vonke maak en sis soos die sap uit die stompe uitbraai. Ek volg die vonke soos hulle in die lug opvlie, so meter of twee, dan wen die nag hulle. Moeg vir bier, kry ek ‘n bottel Tas vir ons elkeen. Ons’t nie ‘n tent gebring nie – die weervoorspelling het goed gelyk – so as dit slaaptyd word, moet ons op binne-aarse verhitting kan staatmaak. So sluk of wat later roep Die Braai ewe skielik dat ek ‘n byt het, so ek los die hoendervlerkies net so langs die vuur en spring die paar treë na my stok toe. Ja wragtag, dit roer. Die poliesman wip so paar keer hewig, kruip dan laer en laer. Ek maak die briek versigtig vas en katrol die slap lyn in, dan is daar skielik weer ‘n stewige pluk en ek kap dat die vale hel so staan. Die vis voel vas, nou weliswaar nie ‘n baie groot vis nie, maar ek’t so lanklaas iets aan ‘n lyn gehad dat dit sommer baie goed voel. Ek katrol hard maar egalig in en die vis begin eers terugveg hier naby die kant, ons kan hom hoor woel in die vlak water. Die Braai staan intussen nader met die skepnet en die flits. “Dis ‘n baber. So kleintjie,” sê hy toe ek hom weer wal toe draai. Dan’s hy naby genoeg en Die Braai skep hom behendig uit. Die vis is so 50cm lank, nie meer as so 3,5 kg nie. “Nee wat, laat hom maar gaan,” sê ek vir Die Braai en hy wikkel die hoek los. “In die verhemelte ingekap, jy moet versigtig, jy gaan nog ‘n vis onthoof,” sê hy en laat die baber met ‘n ligte spat terug in die dam val. “Eish, hulle almal tel. 1 – 0. ‘n Vis is ‘n vis.” “Ja,” sê Die Braai terwyl hy sy hande droogskud en sy bottel weer om die nek vat, “wag maar, die naweek is nog lank.” Ek sit weer aas aan. Ons weet ten minste nou dat die babers die erdwurms gaan vat. Die Braai het so paar dooie vinke ook saamgebring, wat hy êrens geskiet het vroeër die middag, so dalk gaan ons later vir die groot menere en sit so bietjie vinkvleis aan die hoek. Toe my lyn weer rustig in die water is, keer ek terug na die vuur, wat nou al laag genoeg brand vir ‘n bietjie braai-aksie. Ek pak die hoendervlerkies netjies uit op die klein toeklamp rooster, gooi so bietjie braaisout oor en maak dit staan oor die vuur. Die kole is egter nog te warm, ek kan die vleis hoor brand, so ek soek nog ‘n paar klippe en stel die rooster dan hoër op. Ek bly daar by die vuur, op my hurke. “Gee bietjie my wyn aan, asseblief,” vra ek Die Braai, wat stil-stil al byna deur sy bottel is. Hy voel rond by my stoel, kry die bottel en gooi dit versigtig na my toe. Ek vang gelukkig raak, maar selfs al het dit geval sou dit nie gebreek het nie, die kikoejoe is ‘n sagte tapyt onder ons voete. Met ‘n mondvol wyn verstel ek die rooster effens, rol die wyn rond tussen tande, oor tong, teen verhemelte en laat dit warmerig in my keel afloop. Die nag is nog nie regtig koud nie, maar die wyn vou weldra soos ‘n elektriese kombers om my. In my skoene rol my tone soos ryp dadels. Darem maar lekker. Wanneer die hoender vir die eerste keer gedraai word, sout ek die kant ook en inspekteer dan met die flits hoe dit vorder. Net reg, so lekker stadige braai, dis nou hoog genoeg. Dis die geheim vir hoender, vat hom rustig. Na so vyftien minute of wat, sit ons in stilte en vlerkies eet. Al die bier en wyn het ons goed honger, so ons eet tot teen die laaste been. Skielik word Die Braai se stok skoon van sy mikstok afgepluk en begin al so lê-lê aansit water toe. Die briek skree soos hy lyn gee en so tussen hoenderbeentjies wat die donker inwaai en ‘n effe dronk struikel, kap Die Braai dat die spatsels water teen my voorkop sit. “Vat hom rustig, bra,” sê ek, maar ek kan sien dis ‘n groot vis, hy gee nog skiet en sy arms en skouers leun die stok in sy lies in soos hy beur teen die onbekende massa. “Hiert!” bokspring Die Braai nou van plesier, “Kyk! Hier kom hulle nou! Kry solank daai skepnet gereed...” Ek’s reeds op my pos en voel-voel by die braaikole rond vir die flits. Steeds gee Die Braai skiet en die vis hardloop na regs en is oppad om oor my lyn te kruis, so ek gryp gou my stok en katrol in, ek’s gelukkig nie te diep nie, seker ‘n waterskilpad of iets wat my aas ingedra het. Die Braai katrol nou in, maar glad nie egalig nie, die vis wen nog. Die ding is, ons’t baie klein stokkies en ons lyn se breekkrag is maar so 3,5kg, so dis versigtig werk en mooipraat, anders is dit lyn af en basta vis. Maar Ek & Die Braai deur Toast Coetzer (kopiereg voorbehou - lees dit, dont' fuck with it) Deel 1 1. Dit was somer en Die Braai het gekom. Soort van net verskyn een dag, en ek was baie bly, want ons’t mekaar vir lank glad nie raakgeloop nie. Toe ek hom laas gesien het, sou hy Johannesburg toe gaan vir besigheid, presies wat kon hy my nie vertel nie. Dit was ‘n jaar en ‘n half terug. Ek en Die Braai kom al ‘n lang pad saam. Maar selfs nie eers ek kon altyd seker wees van waar hy homself bevind nie. Dis nie dat Die Braai wispelturig was of enigiets nie - wel hy was, maar nie aspris nie – hy’t bloot verkies om sy eie ding te doen. Soms was hy oorsee sonder dat enigiemand weet, ander kere het hy bloot nie sy telefoon geantwoord nie. Ek glo ook nie sy storie dat sy email ‘stukkend’ is nie. Ek geniet sy geselskap baie, soms dink ek hy’s die enigste een wat my werklik verstaan, maar dis tog onmoontlik. Wat hy baie goed doen is praat en luister. Meeste mense sal jou vertel dat hulle beste vriende goeie luisteraars is, bedoelende dat hulle al hul probleme kan aflaai in hierdie goeie, groot oor waneer dit ook al nodig sou wees. Sattelietskottels, oopgevoude koolblare, die heupbeen van ‘n walvis. Iets in dier voege. Maar dis tog net die helfte van die perfekte vriend. ‘n Vriend sonder goeie stories is soos ‘n priester in die confessions boks - eenrigtingverkeer. Vir al jou kleinlike probleme en simpel kwessies moet jou vriend ‘n stywe versameling staaltjies hê wat jou eie issues na niks sal laat lyk nie. En as dinge nou effens sensitief raak, moet die vriend ook so paar simpatieke items kan afstof sodat die pyn en lyding tussen julle gedeel kan word. Dan’s almal se juk ligter, al is dit net tot môremiddag wanneer die hangover soos ‘n niersteen ten aansigte van die waarheid oplos, ontdooi en die kamer verlaat, stilletjies en sonder verwyt. Die Braai is so tipe vriend. Hy’t ontsaglik baie stories, ek weet nie hoe hy dit doen nie. Tog, nes ek dink hy weet alles, dan vra hy weer vir my iets en dan besef ek ons is eintlik maar op gelyke voet. Maar ek’t baie respek vir hom, daar’s iets in sy stem wat, selfs wanneer hy grappies vertel of die instruksies van ‘n boks aflees, elke woord tegelykertyd hartseer en hoopvol laat klink. Ek weet nie altyd of ek moet lag of huil nie, maar dis gewoonlik lag, want Die Braai kan ook baie goed lag, en hy begin altyd eerste. Ek’s ook maar bly hy ken so baie stories, want ek is nie so goed met praat nie. Ek’t nou wel stories, maar ek’s versigtig om te veel sê, mens weet nooit waar die stories gaan draai nie. Iets moet altyd teruggehou word vir noodgevalle, soos as jy weer moet trou, weer verlief moet raak, iets aan die polisie moet verduidelik of vir wanneer jy droom, dis wanneer die geklassifiseerde lêers handig te pas kom. Op ‘n manier, in elk geval, as jou beste vriend soveel stories het, dan praat hy dikwels namens jou. En as hy jou goed genoeg ken, dan sal hy sonder moeite stories begin vertel wat weerspieël wat jy dink en voel. Dis waar die ware talent lê, mens moet daarmee gebore word. Die Braai is so gebore, mens kan maar sê met die braaivurk in die mond, maar ek sou dit nie voor hom sê nie, want alle grappies was soms op ‘n stokkie. Ek het hom daai dag in Die Stad raakgeloop. Ek was op middag-ete en net in die straat af van die werk besig om te wag vir my pastei, wat die vrou agter die toonbank met ongevraagde minagting in die mikrogolf gedruk het. Sy’t die tyd op drie minute gestel, ek’t gesien, terwyl sy goed weet ek vra gewoonlik net vir 30 sekondes. Ek het haar geignoreer, maar in my kop het ek haar vasgebind op ‘n kombuistafel, ‘n skurwe stuk ScotchBrite staalwol in haar mond geprop, ‘n blik Illovo goue stroop oor haar lyf laat drup, stadig, sodat dit in al die gate kon inkruip, strokies kaas aan haar kuite vasgeplak met sellotape, aspersies tussen haar tone gedruk, blikkies Bully Beef in haar bra-cups omgedop, haar klere met melk deurdrenk, sardientjies rofweg oor haar gestrooi en toe die huis verlaat, die deure gesluit en op ‘n lang plesierbootreis na die Karribiese eilande vertrek sodat sy in my afwesigheid deur Argentynse miere, huismuise, klaasneusmuise, muf en tyd afgetakel sou word. Sien, niemand kan ‘n pastei eet nadat dit drie minute in ‘n mikrogolf was nie. Iets gebeur met elke goeie pastei na so twee minute in daai weergawe van hel, daai gemene stukkie wonderlike 80s tegnologie wat skynbaar vir altyd met ons sal wees, bestraling of te nie. Hulle’s nooit weer dieselfde nie, sulke pasteie, hulle verloor wat oor is van hul siele. ‘n Pastei het reeds bitter min siel om mee te begin. Skilferdeeg het omtrent nul siel, maar die vleis leef nog so half, dis ten minste verteenwoordigend van een of ander magtelose bees, hoender of vark wat die finale offer vir die mensdom gemaak het. Ek weet nie hoekom haat daai vrou my so nie. Die venyn. Dalk weet sy ek werk by die koerant, al probeer ek juis so hard om dit stil te hou. Of dalk kan sy my gedagtes lees. Daar was nog ‘n minuut en ‘n half oor op die mikrogolfklok toe ek Die Braai merk deur die pasteiwinkelvenster waar hy by die robot wag vir die rooi mannetjie om groen te gloei. Ek kon hom net van so skuins agter sien, maar dit was onmiskenbaar hy. Niemand dra soveel hoede soos hy nie, niemand blink en skitter so van die juwele nie, niemand reis met ‘n groter geselskap nie, niemand se hare het soveel krulle en geweefde punte nie, niemand se nek bult soveel stembande nie, niemand se skouers is die beginpunte van sulke pragtige vlerke nie, niemand se bene is so rats en so soepel nie, niemand se voete het soveel chroom om die kante nie, niemand se naels krul so Florence Griffith-Joyner-agtig nie, niemand loop met so brullende dier aan ‘n leisel rond nie, niemand het meer vrouelippe om hul ore nie, niemand het hul eie orkes in ‘n gazebo (op die rûe van bergskilpaaie) met bypassende spuitfontein nie. Die Braai het so geleun teen die geel verkeersligpaal, en uit sy los hand kon ek die ping-pong balle, die herfsblare, die seeumeeukuikens, die kondensmelkblikkies, die sywurm Bybelvers-boekmerkies, die 20 sent arcade games, die kleilat-latte, die aartappelmoere en die goedkoop sekondes sien tuimel - hy was weer besig om mense dinge te help onthou. Ek’t sommer net uitgeloop en terselfdertyd besluit om nooit weer pasteie by daardie winkel te koop nie, selfs al sou dit beteken dat ek van nou af twee blokke verder moes loop om ‘n goeie pastei in die hande te kry. Party dinge is die ekstra moeite werd. Ek’t hom aan sy skouer getik en hy’t my dadelik herken, al was my hare anders (OK, minder) en my baard so lank. Ons’t mekaar omhels en ek kon aan sy asem ruik dat hy weer begin rook het. Dis nou nadat hy, toe ek hom laas gesien het, al vir ses maande die goed afgesweer het. Die goed sal my nog doodmaak, het hy toe gesê. Ek’t gesê ja, op ‘n manier. Hy’t natuurlik nog net dieselfde gelyk, ek weet nie hoe hy dit regkry nie. Min mense lyk van nature fiks en gesond, en ek weet vir ‘n feit dat Die Braai nog nooit voet aan treadmill of hand om dumbell gesit het nie. En sy leefstyl is allesbehalwe gesond. Hy eet gemorskos en te veel vleis, hy hou van sjokolade en lekkergoed. Hy drink verskriklik, of dalk drink hy net verskriklik wanneer hy saam met my is, want ek drink verskriklik, en hoe sal ek nou weet wat hy werklik doen wanneer ek nie saam met hom is nie? Sy vel is ook blakend gesond, hy’t die vel van iemand uit die Ooste, soos karamel, en sag, al spandeer hy so baie tyd buite in die son, op die krieketveld, die slagveld, langs die viswaters, in die trope, in die woestyn. Dis asof die son dwarsdeur sy lyf skyn sonder om die vel te beskadig en eerder ‘n dowwe rooi gloed laat waar sy skaduwee behoort te wees, skerp lig deur ‘n groot robyn, in die plek van sy hart. Dit was ‘n pragtige dag, somer, soos ek gesê het, en ons besluit toe om sommer in die park te gaan sit. Die park was baie besig die tyd van die dag, maar as ons gelukkig was, sou ons ‘n oop bank êrens in die skaduwee kon kry. Dit was van ons altwee se roetes af, en ek sou seker laat terug by die werk wees, maar ek’t nie omgegee nie, en ek’t nog minder omgegee oor wat my baas sou sê. Ek’t vir Die Braai gesê ek wil hom nou nie uit dringende sake hou nie, maar hy’t gesê hy was in elk geval net oppad drankwinkel toe. Ek dink hy’t dit net gesê omdat ek saam met hom was, maar was te bly dat hy lus was vir gesels. Om ons het die stad net so weer toegevou, soos ‘n warm mango, asof dit niks noemenswaardig was dat ek Die Braai weer raakgeloop het nie. Mense het geglimlag en gefrons, karre het geblink en geraas en in geboue het vensters die dag weerkaats, en het die geheime ratte van hysbakke mense na ander vloere gekarwei. Net voor ons die hoek buite die pasteiwinkel verlaat het, het ek skielik ‘n idee gekry. Die Braai was net die regte kameraad hiervoor. Ek’t hom vertel van my pastei, wat teen die tyd seker al ontplof het in ‘n miljoen sissende stukkies steak en kidney en skilferdeeg, en die vrou. Ons’t tot teen die venster van die winkel geloop en ek’t gewuif totdat die vrou ons raakgesien het. Ek kon my pastei soos ‘n kloppende kleefmyn op die toonbank sien lê, en sy’t daarna beduie en geglimlag asof sy die heks was en ek en Die Braai Hansie en Grietjie. Toe’t ons omgedraai, ons broeke afgetrek en ons kaal boude teen die warm winkelvenster gedruk, asof ons kinders was wat met soetgekoude lippe vassuig aan ‘n opgedraaide karruit. Die donker oë van ons poepholle kon sien hoe haar gesig vervaag van glimlag tot ‘n studie van afgryse en dit het ons baie genot verskaf, al was dit nou eenmaal kinderagtig. Niemand behalwe die vrou het gesien nie, die winkel was leeg, en die straat agter ons te besig vir detail. Ons’t ons broeke weer opgetrek, weer vir haar gewaai en buite sig geloop. Tot siens pasteiwinkel. www.sienjoulater.com. Die Braai het gelag, en ek was skielik so gelukkig, dit het gevoel asof die nuwe jaar, halfpad deur Januarie, nou eers amptelik begin het. In die park het dit geleef en gebeef, boemelaars en toeriste het sy aan sy gestry oor die Latynse name van bome, kinders het bont balle geskop en katte bekruip wat duiwe bekruip wat broodkorsies oppik, skoonmakers het hondedrolle bymekaargehark en in sakke gestop, en honde het teruggeveg deur agter hul rue vars, nuwe slagysters te plant, met nuwe, meer hardnekkige stanke en teksture. Selfs al sou die skoonmakers hulle sien, sou hulle nie omgee nie, want sonder hondedrolle sou hulle seker werkloos gewees het. Op van die banke het ou mense gesit, in die son meestal, asof hulle nog glo dat mens ou batterye kan herlaai deur dit op die sinkdak te los vir ‘n paar dae. Ou mense met lapperige voue waar hulle oë moet wees, groot bruin vlekke en moesies in hulle nekke, asof die vel vuil rivierwater is met donker visse wat net onder die oppervlak swem, en plastiekbottels en supermarksakke wat hier en daar uitsteek, die moesies en die groeisels. Hul velle sweet en blink, soos volstruisleer-handsakke wat vir te lank te vol geprop was met allerhande medisynes en lipstiffies en haarborsels en Parker penne en notaboekies en handwapens en kougom en kontantstrokies en serpe en beursies en los munte en sakdoeke en Super C’s, maar nou leeg uitgeskud lê, eenkant in ‘n steeg, asof dit wat daarin was gesteel is deur straatkinders. Op ander banke was dronklappe uitgestrek in protes teen die algemene samelewing, in protes teen die persepsie dat mens moet werk om te bestaan, in protes teen die mite dat werk self in der waarheid bestaan en van enige waarde is, in protes teen die lewe wat hulle dalk eerder dood sou wou hê, met die reuk van drank, sweet, vuil klere en stof soos grys stuifmeel om hulle, met vlieë en muggies hulle eie suikerbekkies en bye, wat van die een na die ander fladder en zoem, resepte uitruil en sake doen. Daar was ook mense soos ek, uit op middagete, wat met kollegas gesels terwyl hulle gatsbys deel, hoenderstukkies uitmekaar haal met hulle knypers, koeldranke leegsuig met strootjies, verfynde erdvarke. Mense met kantoorklere, dasse tydelik effens losgemaak, dun bene wyd uit mekaar staangemaak, die vasgemaakte strikke en dungeloopte hakke van leerskoene wat stommerig en strammerig ritmes tik op die dik groen gras. Nou en dan kon mens ook eekhorings sien, wat vinnig dinge gryp en dan weer teen bome uithardloop, asof die grond te warm is vir hulle, die senuweeagtige springmielies in die warm pan van die stad. Dalk is hulle bang vir die katte, of die kinders wat die katte bekruip. Wie weet, maar iets jaag hulle. Ek en Die Braai kon nie ‘n oop bank in die skaduwee kry nie, wat nie verrassend was nie, dit was besig vandag. So ons’t onsself maar tuisgemaak op ‘n stukkie trap, daar waar die park so meter of twee klim na die groot fontein se kant toe, in ‘n groot palmboom se graterige skadu, wat mens net vang as jy mooi sou sit en jou lyf yl hou. Die lug om ons was gevul met die reuk van hitte wat opdamp uit die strate en bome en blomme, en die oorskietkos van mense in asblikke wat orals oorloop en drup soos smeltende roomyscones, ‘Hou Ons Stad Skoon/ Keep Our City Pretty’ hulle verbete leuse. Waar’s Zibi as jy hom nodig het? Die skoonmakers kom net op Donderdae vir vullisblikke. Woensdae was vir hondedrolle opsy gesit. Mens kannie al jou werk in een dag afhandel nie, dan skiet jy jouself in die voet. Daar was ook baie klank, alles hier het skynbaar klanke gemaak, behalwe dalk die bome en die gras, maar selfs hulle moes nou en dan ritsel, soos die swaar lug sy gewig van die een voet na die ander versit, soos laagdrukstelsels om die Skiereiland beweeg, stukkende voetblase, pap selwande, deure in ‘n groot huis wat oop en toegaan. “Ai, dis lekker in die Kaap,” het Die Braai gesê en teruggeleun op die trap, hande agter die kop inmekaargevou, voete wat lui plek soek, “Kyk net al hierdie mense, kyk net hierdie lekker son, voel hom, kyk al die eekhorings en die duiwe, die kinders en die dinge. Die plesier.” “Ja,” het ek gesê, so half as antwoord. Dit was stil tussen ons vir ‘n rukkie, terwyl ons seker maar altwee na ‘n manier gesoek het om die gesprek te begin. Toe vra ek maar, “So, wat gaan aan? Wat maak jy deesdae?” Die Braai se oë was half toe, en hy’t definitief die vraag verwag, dis tog net redelik, en het begin, nie gehaasd nie, maar baie definitief. “Ek reis maar nog so rond soos altyd. Soms net van dorp tot dorp, maar was ook bietjie oorsee. Mens bly tog maar waar jy ry. Jy weet, die gewone. Amerika, Engeland en ook Mexiko, wat heel opwindend was, en Honduras, burger-oorlog, jy weet. Amerika is maar nes jy sou dink, Walmarts en hiphop sterre, perfekte grasperke en ghettos, hang af van waar jy uithang en wat jou gif is. Die suide is nogals rof, soos die Vrystaat, as dit in ‘n moeras was, en Bloemfontein vol bluesbars. En die noorde, die koue het my goed gedoen, daar om Lake Superior rond, Duluth, die Groot Mere, jy weet. Die ys brand jou kop skoon, jy dink skielik helderder. Mooi wêreld, woude, bewers, eende. Engeland’s maar net dieselfde as wat almal jou altyd vertel. Grys in die dag, maar uitspattig in die nag. Hang af wat jy doen. As jy geld het of op vakansie is, kan dit pret wees, maar as die moltrein jou net karwei van jou bed na jou werk, dan soek jy vir moeilikheid. Ek was nie lank daar nie, te neerdrukkend. Son gesoek. Op pad terug deur Wes-Afrika, bietjie besigheid, maar voor jy weet, burger-oorlog in die Ivoorkus. Was nou nie in die middel van ‘n panga geveg nie, maar genoeg lyke gesien om ‘n ordentlike kerf op my apoko-toerisme program te wees. Jy weet, apoko-toerisme, die soeke na die geskiedenis van die wêreld, soos dit gebeur, in volkleur. Apokalips. Ek wonder wat gaan aan met mense... “ So’t Die Braai begin, en ons sou seker die heelmiddag daar gesit het, maar die kantoor het my so halfdrie gebel op my selfoon, vol vloekwoorde, en laat weet daar’s ‘n brand êrens op die Vlakte, en waar die hel was ek? Ek moes uitgaan op die storie. Ek’t verduidelik en Die Braai het verstaan, gesê hy moet in elk geval ook seker koers kry. Ek’t hom my nommer gegee en hy’t gesê ja, ons moet iets doen een of ander tyd, dalk visvang of sommer net op ‘n roadtrip gaan, miskien Kunstefees toe in Oudtshoorn. Ek’t gesê ja, natuurlik, dit sal lekker wees, dit sal sommer baie lekker wees. 2. My foon lui so twee weke later, Die Braai praat iets van hengel by ‘n dam naby Stellenbosch êrens. Ja, die naweek is perfek, niks aan nie. Bring ‘n coolbox met ekstra ys, ek sal die drinkgoed bring, sê hy. Nee maar reg, sê ek, en ons maak die reëlings vas. Ek ry die stad uit laat Vrydag-middag. Die naweek drukverkeer is al amper verby, maar die N1 is maar nog stram hier en daar tot verby die Jip de Jager afrit, dan gaan dit beter so verby Durbanville en uit Kraaifontein se kant toe. Dis al amper 7-uur wanneer ek die Klapmuts-afdraai vat, maar dis nog goed lig, die sonsondergang in my truspieëltjie nog nie halfpad so swierig soos hy nou-nou gaan wees nie. Agter in my Beetle lê my visstokkie, een van daai kleintjies wat jy uitmekaar kan haal, soos ‘n skerpskutter se geweer, dit laat my voel soos die ou van Day of the Jackal. As die polisie my nou stop sal die uniform ingenome met ‘n Bic pen teen die driekwart-afgedraaide ruit tik en sê, Waarheen dink jy gaan jy, mannetjie? Verder is daar ook: skepnet, hounet, viskas, roomys-bak vol pap, emmertjie vol erdwurms, slaapsak, 2 kampstoele, gaslamp, graaf, koelboks vol ys, vyf bottels Tassenberg (750ml), ses quarts Black Label, twee quarts Milk Stout, een bottel tequila (goedkoop), een bottel vodka (goedkoop), twee 2liter bottels Sprite, 2liter water, flits, bondeltjie hout, pak Charcoal, pak Blitz, braairooster, ‘n opblaas-eend, ‘n kettie en ‘n Pick & Pay sak vol ronde klippies wat ek in Desember by Onrus opgetel het, spesiaal vir kettie-doeleindes. Dis die laaste uit my geheime wapenopslagplek (Weapons of Mossie Destruction – wel, ek’t gedink dis snaaks op daai tydstip) onder die voorstoep tussen die leë plastiek potplant emmers en ander goeters wat na ou honde ruik, selfs al het ek nie honde nie. Mens weet nooit wanneer ‘n plek nie goeie kettieklippies het nie. ‘Voorkoming kom altyd te laat’ is ‘n slagspreuk wat ek die laaste ruk gereeld verkeerd bewys. Die Braai wag vir my by die petrolpomp in Klapmuts, soos afgespreek. Hy leun teen ‘n Coke advertensiebord en kyk anderpad, na waar ‘n paar skoolkinders luidrugtig die naweek inlui met ‘n bietjie sokker in die stof, tennisbal wat soos pinball-albasters tussen die skerp hoeke van hul bene rondwip. Ek’s vyftien minute laat, maar ek’s altyd vyftien minute laat, so hy gee glad nie om nie. Dis besig op Klapmuts, self maar net ‘n glorified kruispad-stasie, met rooi boere wat grys werkers aflaai en oplaai, ou smouse wat warm tamaties en gekneusde vrugte verkwansel, geknakte broodblik busse wat die stopstraat ignoreer en swaar en vinnig in die rigting van die Paarl begin aanleun. Alles gloei nou oranje, die onsigbare sonsondergang wat die lug bo ons vol kom lê, die einde van ‘n warm dag. Die Braai kyk so na al die items op my agterste sitplek en glimlag. “Ek dag ek’t gesê ek sal die drinkgoed bring.” “Mens weet nooit nie,” sê ek, maar toe ek hom sy goed help inpak, begin ek self twyfel. Een appelboks vol Tassenberg (2,5l bottels), drie kaste Black Label (kannetjies), vier bottels vodka (goedkoop), een bottel tequila (duur), twee 5l bokse witwyn (goedkoop), vier halfjacks Mokador en een bottel Jagermeister. Die kar begin swaar leun op sy asse. “Ja,” sê hy, “ek hoop nie jy hoef Maandag by die werk te wees nie.” Ek maak weer die Beetle se tenk vol, net ingeval, en dan ry ons in die rigting van die berge. Die Braai vertel hy ken iemand wat ‘n wynplaas daar besit en die ou het gesê hy kan enige tyd kom visvang as hy lus is. Dis nie lank nie of ons kry die afdraai-bordjie, gelukkig is dit nog lig, want anders sou ons dalk skoon verbygery het. Glad nie wat mens verwag van ‘n wynplaas nie, geen imposante ingangshek of pseudo-outydse naam nie, sommer net iets generies soos ‘Boskloof’ geverf op ‘n stuk plank wat al te veel weer gesien het. ‘n Ent die pad op, dui Die Braai aan dat die nood druk, so ek stop sommer net so in die middel van die pad. Ons altwee klim uit en staan wydsbeen op die leiwal langs die wingerd. Opslag-lusern en allerhande grasse en onkruide staan welig om ons voete, die wilde vrot metaalreuk daarvan wat gekneusd ons neuse bereik. Bye wat die laat skof werk styg hier en daar op uit die pers lusernblomme. Op die groot grondpad wat nog sigbaar is laer af in die vallei, volg ons ‘n stofstreep wat haastig deur die draaie vleg en dan oor ‘n bult verdwyn. Ons is nou hoog genoeg om ‘n deel van Stellenbosch in die verte te sien. Dalk Idas Valley, dalk nie. Alhoewel die son al onder is, is dit een van daai skitterende somersdae wat nog tot na agt gaan lig gooi, met die reuke van die nag en die dag wat so stadigaan begin meng, die koel en die warm, die plante wat uit verleptheid herstel, die warmgebakte grond se groot asemteue amper hoorbaar onder die wiele. Soos ons verder die stamperige grondpad opry, vensters oop en biere vasgeknyp tussen die bene, praat die laaste dagvoëltjies nog uit die wingerd terwyl die een watervoëlswerm na die ander krul en vou soos linte deur die lug oppad na hul slaapplekke toe. Na ‘n ruk vurk die pad, Die Braai beduie ‘regs’ met sy bierhand, die een wat meer uitgetrap lyk. “Wil net vir die ou gaan sê ons is hier, dat hy nou nie laat vanaand op ons gaslamp begin skiet of iets nie.” ‘n Paar honderd meter verder verskyn die huis tussen die digte bome. ‘n Grasperk lê rofweg vestrooid oor die jaart, nes die blomme, wat groei waar die karre nie ry nie, wit varkoor lelies meestal, maar ook pers agapanthas en een of ander rooi blom. Die huis self is duidelik baie oud, maar geen herehuis soos die wynplase in die reisbrosjures nie, hierdie is nie ‘n skouplaas nie, meer funksioneel. Hulle leuse is dalk iets soos: ‘Ons Maak Wyn - En Dan Drink Ons Dit’. ‘n Lig gaan vanself aan op die hoek bokant die stoep wanneer Die Braai vinning optrippel teen die trappe en ‘n naam uitroep deur die half oop deur. Iemand antwoord skynbaar van binne en hy verdwyn buite sig, die sifdeur wat toeklap agter hom. Dit gee my kans om my bier leeg te maak en die werf te bekyk, of dit wat ek daarvan kan sien. ‘n Groot hond kom nou aangelap van agter af, ‘n ouerige Labrador, jy kan dit sien aan die wit kolle en groot maag. Hy begin so half glimlaggend vir my blaf, maar stop dan skielik en lig sy been teen ‘n koperkraan aan die kant van die stoep, mondhoeke wat so skeeftrek van die lekkerkry. Die Braai se deur staan nog oop, so hy draf daai kant om en loer vir my met ‘n skewe kop, klappende stert en nuuskierige oë. Ek leun oor agtertoe en vroetel rond vir ‘n stukkie droëwors tussen ons verskillende proviand, breek so duim af en sit dit op my hand. Hy’t dit al lankal geruik, maar lyk baie goed geleer, wag eers vir my om my kop so vorentoe te knik soos ‘n koggelmander en dan eers lek hy die stukkie wors van my hand af sonder om my hele voorarm af te byt. ‘n Vinnige sluk en ‘n geklap van kake later draf hy na die agterwiel toe en tik gou ‘n brief. Text messaging prototipe. Microhond Works 2000BC. Dis nou redelik stil en ek kom skielik agter die radio suis net – natuurlik lankal buite Radio 2000 opvangsgebied, seker al vandat ek van die N1 afgedraai het, maar ons’t so lekker gesels ons’t skaars agtergekom. My radiovingers rol die knop so bietjie diekant toe en daaikant toe, maar niks meer as ‘n paar gebroke woorde en skel tunes kom uit nie, so ek skakel die stel af. Gelukkig het ek ‘n hele paar tapes en my ou tape recorder ingepak, plus ekstra batterye. Daar’s nog geen teken van Die Braai nie, so ek klim uit om my bene te rek. Die hond is gou by en stamp teen my been vir aandag en draf dan vooruit, terug na waar hy vandaan gekom het. Ek volg hom verby die kant van die huis waar allerhande rankplante teen pale en patiopilare rank, die pers blomme wat soos vet kouse daar hang, die reuk van ou tannie deodorant, maar warmer, meer lewendig as muwwerig. Links onder die bome steek ‘n ou Mercedes by die waenhuis uit. Dis nog ‘n ou klipwaenhuis, met trappies aan die kant wat na ‘n solder lei. Rooivlerkspreeus krap teen die geute soos hulle slaapplek soek vir die nag, hul helder roepe wat soos klein klippies deur die lug suis en dan in diep waters plons. Agter die huis is daar nog ‘n groot stoep, maar op grondvlak, en die gras is weliger, asof dit minder gesny word. Of dalk ry daar net nie karre nie. Die grasperk val weg in ‘n groot swembad, wat donker lyk, mens kan nie seker wees of die water blou of groen is nie. Dit sprankel soos ‘n groot vierkantige oog, die water nie heeltemaal stil nie, asof iemand nou-nou nog geswem het, of dalk is daar ‘n stil Kreepy Krawly wat sy rubberlippe teen die bodem stompstamp. Ek spits my ore, maar hoor niks nie, en sien dan die nat voetspore van waar die trappies uitkom. Ek plaas my skoen langs die nat kaalvoetspoor. Dis kleiner as myne, maar nie veel nie. Dalk ‘n vrou s’n, of so wil ek natuurlik dink. Dieper die tuin in, tussen allerhande wildgroeiende struike en onbekende blomme, staan ‘n gehawende gazebo. Neffens dit lei ‘n toegegroeide voetpaadjie na iets wat soos ‘n tennisbaan lyk, maar dis moeilik om te sien van waar ek staan. Duidelik het Boskloof al meer glorieryke dae beleef. Die hond druk weer teen my en die keer het hy ‘n vuil tennisbal in sy mond wat ek probeer gryp sodat ek dit vir hom kan gooi, maar hy ruk sy kop weg en hardloop weer om die huis. Ek hoor ook dan die deur klap en loop haastig om na waar Die Braai al amper in die kar is. “Hy sê dis cool. Hy’t blykbaar ‘n partytjie hier aan môre-aand, so hy’t gesê ons kan kom as ons wil, want dit gaan maar rumoererig wees. As ons gedink het ons gaan in stilte visvang.” “Ons kyk maar hoe byt die vis, as dit byt-tyd is, sit ek daar, rumoer of te nie.” “Ja, ons kyk. Hy sê een van sy werkers het in Desember ‘n 9kg spieëlkarp uitgetrek hier, so dalk is ons gelukkig. Ook groot babers.” “Afrika se grootwild, nice.” Ons praat geesdriftig terwyl ek ‘n wye u-draai maak voor die huis, oor die gras soos ek kan sien al die ander karre maak, en dan ry ons terug na waar die vurk in die pad is en vat die keer die ander tak. Ons is weldra teen so klein stroompie, waar die populierbome dinge heeltemaal vergroei. ‘n Paar groot ou wilgers se lang slap takke sleep ligweg op die grond en streel soms oor die dak van die kar. Die soet reuk van die bome vul die kar, voeg ekstra smaak by elke sluk bier. Dit laat my dink aan toe ek klein was, klein genoeg om aan takke te swaai soos Tarzan. Daai groot wilgerboom in die voortuin waaronder ons altyd tee of koffie gedrink het in die somer. Geelvinke het gedurig die takke kaalgestroop en met morsige entoesiasme nesgebou. Tot een jaar, toe die weerlig die boom raakgeslaan het. Stadigaan het dit begin vrek en later, toe net een tak nog gelewe het, het my pa besluit om dit maar af te saag, voor die wind dit omwaai en die hele spul op die huis val. Ons’t die boom aanvanklik gemis, maar nie vir lank nie, want ons krieketveld het skielik ‘n nuwe dimensie bygekry. Mens kon nou ook na die bykant speel. Links van ons is nog ‘n stuk wingerd teen die steilte en dan die berg, nou al hoe donkerder teen die lug, die skadukant van die kloof. Die dam is aan die einde van die pad, ‘n groot, vol gronddam wat seker die grootste deel van die plaas se bron van besproeiing is. Die oewer is mooi skoon en begroei met kikoejoegras, met ‘n paar perfek geplaasde skadubome sigbaar. “Parkeer sommer hier, dit lyk goed,” sê Die Braai en ek ry stadig oor ‘n paar klippe na die grasoewer, “ons kan môre skuif as dit lyk of daar beter plekke is.” Ons klim uit en begin vinnig dinge gereedmaak voor die laaste van die lig verdwyn. Die gaslamp gaan eerste aan, en die bietjie nag om ons word vinnig verdoof deur die gesis van die lig, wat wit en wyd ‘n sirkel gooi, net ons twee en die kar en die bruin water en die groen gras. Voor ons verder drink of dink aan kosmaak, sit ons ons visstokke aanmekaar, hoeke en sinkers aan, en rol so bietjie pap vas om die hoek. Sodra ons ingegooi het, nie ver nie, sommer net so tien tree in, sit ons elkeen ‘n helderkleurige poliesman aan, draai ons katrolle se brieke los en maak die stokke staan oor mikstokke, wat Die Braai saamgebring het. Die twee kampstoele word uitgevou en ons plak ons lywe genoegsaam daarin neer, die koelboks tussen ons. Ons sal later ‘n vuur bou, wanneer dit kouer begin raak, of wanneer ons honger is en lus voel om iets op die kole te gooi. Na ‘n rukkie staan ek op om die gaslamp, wat reeds ‘n swetterjoel motte en allerhande goggas begin lok het, af te skakel. Dit vat die nag so paar minute om uit sy dop te kruip, maar dit begin weldra dreun om ons soos die paddas en die insekte begin te roep en te skuur, met naguiltjies, dikkoppe en kiewiete wat kort-kort skel mondfluitjies en toeters blaas uit onsigbare oorde. Dis nou heeltemaal

had enough's avatar

had enough Aug 20, 2008 Rating: 1

mg--top that ya fecker!!

had enough's avatar

had enough Aug 20, 2008 Rating: -1

Ek & Die Braai deur Toast Coetzer (kopiereg voorbehou - lees dit, dont' fuck with it) Deel 1 1. Dit was somer en Die Braai het gekom. Soort van net verskyn een dag, en ek was baie bly, want ons’t mekaar vir lank glad nie raakgeloop nie. Toe ek hom laas gesien het, sou hy Johannesburg toe gaan vir besigheid, presies wat kon hy my nie vertel nie. Dit was ‘n jaar en ‘n half terug. Ek en Die Braai kom al ‘n lang pad saam. Maar selfs nie eers ek kon altyd seker wees van waar hy homself bevind nie. Dis nie dat Die Braai wispelturig was of enigiets nie - wel hy was, maar nie aspris nie – hy’t bloot verkies om sy eie ding te doen. Soms was hy oorsee sonder dat enigiemand weet, ander kere het hy bloot nie sy telefoon geantwoord nie. Ek glo ook nie sy storie dat sy email ‘stukkend’ is nie. Ek geniet sy geselskap baie, soms dink ek hy’s die enigste een wat my werklik verstaan, maar dis tog onmoontlik. Wat hy baie goed doen is praat en luister. Meeste mense sal jou vertel dat hulle beste vriende goeie luisteraars is, bedoelende dat hulle al hul probleme kan aflaai in hierdie goeie, groot oor waneer dit ook al nodig sou wees. Sattelietskottels, oopgevoude koolblare, die heupbeen van ‘n walvis. Iets in dier voege. Maar dis tog net die helfte van die perfekte vriend. ‘n Vriend sonder goeie stories is soos ‘n priester in die confessions boks - eenrigtingverkeer. Vir al jou kleinlike probleme en simpel kwessies moet jou vriend ‘n stywe versameling staaltjies hê wat jou eie issues na niks sal laat lyk nie. En as dinge nou effens sensitief raak, moet die vriend ook so paar simpatieke items kan afstof sodat die pyn en lyding tussen julle gedeel kan word. Dan’s almal se juk ligter, al is dit net tot môremiddag wanneer die hangover soos ‘n niersteen ten aansigte van die waarheid oplos, ontdooi en die kamer verlaat, stilletjies en sonder verwyt. Die Braai is so tipe vriend. Hy’t ontsaglik baie stories, ek weet nie hoe hy dit doen nie. Tog, nes ek dink hy weet alles, dan vra hy weer vir my iets en dan besef ek ons is eintlik maar op gelyke voet. Maar ek’t baie respek vir hom, daar’s iets in sy stem wat, selfs wanneer hy grappies vertel of die instruksies van ‘n boks aflees, elke woord tegelykertyd hartseer en hoopvol laat klink. Ek weet nie altyd of ek moet lag of huil nie, maar dis gewoonlik lag, want Die Braai kan ook baie goed lag, en hy begin altyd eerste. Ek’s ook maar bly hy ken so baie stories, want ek is nie so goed met praat nie. Ek’t nou wel stories, maar ek’s versigtig om te veel sê, mens weet nooit waar die stories gaan draai nie. Iets moet altyd teruggehou word vir noodgevalle, soos as jy weer moet trou, weer verlief moet raak, iets aan die polisie moet verduidelik of vir wanneer jy droom, dis wanneer die geklassifiseerde lêers handig te pas kom. Op ‘n manier, in elk geval, as jou beste vriend soveel stories het, dan praat hy dikwels namens jou. En as hy jou goed genoeg ken, dan sal hy sonder moeite stories begin vertel wat weerspieël wat jy dink en voel. Dis waar die ware talent lê, mens moet daarmee gebore word. Die Braai is so gebore, mens kan maar sê met die braaivurk in die mond, maar ek sou dit nie voor hom sê nie, want alle grappies was soms op ‘n stokkie. Ek het hom daai dag in Die Stad raakgeloop. Ek was op middag-ete en net in die straat af van die werk besig om te wag vir my pastei, wat die vrou agter die toonbank met ongevraagde minagting in die mikrogolf gedruk het. Sy’t die tyd op drie minute gestel, ek’t gesien, terwyl sy goed weet ek vra gewoonlik net vir 30 sekondes. Ek het haar geignoreer, maar in my kop het ek haar vasgebind op ‘n kombuistafel, ‘n skurwe stuk ScotchBrite staalwol in haar mond geprop, ‘n blik Illovo goue stroop oor haar lyf laat drup, stadig, sodat dit in al die gate kon inkruip, strokies kaas aan haar kuite vasgeplak met sellotape, aspersies tussen haar tone gedruk, blikkies Bully Beef in haar bra-cups omgedop, haar klere met melk deurdrenk, sardientjies rofweg oor haar gestrooi en toe die huis verlaat, die deure gesluit en op ‘n lang plesierbootreis na die Karribiese eilande vertrek sodat sy in my afwesigheid deur Argentynse miere, huismuise, klaasneusmuise, muf en tyd afgetakel sou word. Sien, niemand kan ‘n pastei eet nadat dit drie minute in ‘n mikrogolf was nie. Iets gebeur met elke goeie pastei na so twee minute in daai weergawe van hel, daai gemene stukkie wonderlike 80s tegnologie wat skynbaar vir altyd met ons sal wees, bestraling of te nie. Hulle’s nooit weer dieselfde nie, sulke pasteie, hulle verloor wat oor is van hul siele. ‘n Pastei het reeds bitter min siel om mee te begin. Skilferdeeg het omtrent nul siel, maar die vleis leef nog so half, dis ten minste verteenwoordigend van een of ander magtelose bees, hoender of vark wat die finale offer vir die mensdom gemaak het. Ek weet nie hoekom haat daai vrou my so nie. Die venyn. Dalk weet sy ek werk by die koerant, al probeer ek juis so hard om dit stil te hou. Of dalk kan sy my gedagtes lees. Daar was nog ‘n minuut en ‘n half oor op die mikrogolfklok toe ek Die Braai merk deur die pasteiwinkelvenster waar hy by die robot wag vir die rooi mannetjie om groen te gloei. Ek kon hom net van so skuins agter sien, maar dit was onmiskenbaar hy. Niemand dra soveel hoede soos hy nie, niemand blink en skitter so van die juwele nie, niemand reis met ‘n groter geselskap nie, niemand se hare het soveel krulle en geweefde punte nie, niemand se nek bult soveel stembande nie, niemand se skouers is die beginpunte van sulke pragtige vlerke nie, niemand se bene is so rats en so soepel nie, niemand se voete het soveel chroom om die kante nie, niemand se naels krul so Florence Griffith-Joyner-agtig nie, niemand loop met so brullende dier aan ‘n leisel rond nie, niemand het meer vrouelippe om hul ore nie, niemand het hul eie orkes in ‘n gazebo (op die rûe van bergskilpaaie) met bypassende spuitfontein nie. Die Braai het so geleun teen die geel verkeersligpaal, en uit sy los hand kon ek die ping-pong balle, die herfsblare, die seeumeeukuikens, die kondensmelkblikkies, die sywurm Bybelvers-boekmerkies, die 20 sent arcade games, die kleilat-latte, die aartappelmoere en die goedkoop sekondes sien tuimel - hy was weer besig om mense dinge te help onthou. Ek’t sommer net uitgeloop en terselfdertyd besluit om nooit weer pasteie by daardie winkel te koop nie, selfs al sou dit beteken dat ek van nou af twee blokke verder moes loop om ‘n goeie pastei in die hande te kry. Party dinge is die ekstra moeite werd. Ek’t hom aan sy skouer getik en hy’t my dadelik herken, al was my hare anders (OK, minder) en my baard so lank. Ons’t mekaar omhels en ek kon aan sy asem ruik dat hy weer begin rook het. Dis nou nadat hy, toe ek hom laas gesien het, al vir ses maande die goed afgesweer het. Die goed sal my nog doodmaak, het hy toe gesê. Ek’t gesê ja, op ‘n manier. Hy’t natuurlik nog net dieselfde gelyk, ek weet nie hoe hy dit regkry nie. Min mense lyk van nature fiks en gesond, en ek weet vir ‘n feit dat Die Braai nog nooit voet aan treadmill of hand om dumbell gesit het nie. En sy leefstyl is allesbehalwe gesond. Hy eet gemorskos en te veel vleis, hy hou van sjokolade en lekkergoed. Hy drink verskriklik, of dalk drink hy net verskriklik wanneer hy saam met my is, want ek drink verskriklik, en hoe sal ek nou weet wat hy werklik doen wanneer ek nie saam met hom is nie? Sy vel is ook blakend gesond, hy’t die vel van iemand uit die Ooste, soos karamel, en sag, al spandeer hy so baie tyd buite in die son, op die krieketveld, die slagveld, langs die viswaters, in die trope, in die woestyn. Dis asof die son dwarsdeur sy lyf skyn sonder om die vel te beskadig en eerder ‘n dowwe rooi gloed laat waar sy skaduwee behoort te wees, skerp lig deur ‘n groot robyn, in die plek van sy hart. Dit was ‘n pragtige dag, somer, soos ek gesê het, en ons besluit toe om sommer in die park te gaan sit. Die park was baie besig die tyd van die dag, maar as ons gelukkig was, sou ons ‘n oop bank êrens in die skaduwee kon kry. Dit was van ons altwee se roetes af, en ek sou seker laat terug by die werk wees, maar ek’t nie omgegee nie, en ek’t nog minder omgegee oor wat my baas sou sê. Ek’t vir Die Braai gesê ek wil hom nou nie uit dringende sake hou nie, maar hy’t gesê hy was in elk geval net oppad drankwinkel toe. Ek dink hy’t dit net gesê omdat ek saam met hom was, maar was te bly dat hy lus was vir gesels. Om ons het die stad net so weer toegevou, soos ‘n warm mango, asof dit niks noemenswaardig was dat ek Die Braai weer raakgeloop het nie. Mense het geglimlag en gefrons, karre het geblink en geraas en in geboue het vensters die dag weerkaats, en het die geheime ratte van hysbakke mense na ander vloere gekarwei. Net voor ons die hoek buite die pasteiwinkel verlaat het, het ek skielik ‘n idee gekry. Die Braai was net die regte kameraad hiervoor. Ek’t hom vertel van my pastei, wat teen die tyd seker al ontplof het in ‘n miljoen sissende stukkies steak en kidney en skilferdeeg, en die vrou. Ons’t tot teen die venster van die winkel geloop en ek’t gewuif totdat die vrou ons raakgesien het. Ek kon my pastei soos ‘n kloppende kleefmyn op die toonbank sien lê, en sy’t daarna beduie en geglimlag asof sy die heks was en ek en Die Braai Hansie en Grietjie. Toe’t ons omgedraai, ons broeke afgetrek en ons kaal boude teen die warm winkelvenster gedruk, asof ons kinders was wat met soetgekoude lippe vassuig aan ‘n opgedraaide karruit. Die donker oë van ons poepholle kon sien hoe haar gesig vervaag van glimlag tot ‘n studie van afgryse en dit het ons baie genot verskaf, al was dit nou eenmaal kinderagtig. Niemand behalwe die vrou het gesien nie, die winkel was leeg, en die straat agter ons te besig vir detail. Ons’t ons broeke weer opgetrek, weer vir haar gewaai en buite sig geloop. Tot siens pasteiwinkel. www.sienjoulater.com. Die Braai het gelag, en ek was skielik so gelukkig, dit het gevoel asof die nuwe jaar, halfpad deur Januarie, nou eers amptelik begin het. In die park het dit geleef en gebeef, boemelaars en toeriste het sy aan sy gestry oor die Latynse name van bome, kinders het bont balle geskop en katte bekruip wat duiwe bekruip wat broodkorsies oppik, skoonmakers het hondedrolle bymekaargehark en in sakke gestop, en honde het teruggeveg deur agter hul rue vars, nuwe slagysters te plant, met nuwe, meer hardnekkige stanke en teksture. Selfs al sou die skoonmakers hulle sien, sou hulle nie omgee nie, want sonder hondedrolle sou hulle seker werkloos gewees het. Op van die banke het ou mense gesit, in die son meestal, asof hulle nog glo dat mens ou batterye kan herlaai deur dit op die sinkdak te los vir ‘n paar dae. Ou mense met lapperige voue waar hulle oë moet wees, groot bruin vlekke en moesies in hulle nekke, asof die vel vuil rivierwater is met donker visse wat net onder die oppervlak swem, en plastiekbottels en supermarksakke wat hier en daar uitsteek, die moesies en die groeisels. Hul velle sweet en blink, soos volstruisleer-handsakke wat vir te lank te vol geprop was met allerhande medisynes en lipstiffies en haarborsels en Parker penne en notaboekies en handwapens en kougom en kontantstrokies en serpe en beursies en los munte en sakdoeke en Super C’s, maar nou leeg uitgeskud lê, eenkant in ‘n steeg, asof dit wat daarin was gesteel is deur straatkinders. Op ander banke was dronklappe uitgestrek in protes teen die algemene samelewing, in protes teen die persepsie dat mens moet werk om te bestaan, in protes teen die mite dat werk self in der waarheid bestaan en van enige waarde is, in protes teen die lewe wat hulle dalk eerder dood sou wou hê, met die reuk van drank, sweet, vuil klere en stof soos grys stuifmeel om hulle, met vlieë en muggies hulle eie suikerbekkies en bye, wat van die een na die ander fladder en zoem, resepte uitruil en sake doen. Daar was ook mense soos ek, uit op middagete, wat met kollegas gesels terwyl hulle gatsbys deel, hoenderstukkies uitmekaar haal met hulle knypers, koeldranke leegsuig met strootjies, verfynde erdvarke. Mense met kantoorklere, dasse tydelik effens losgemaak, dun bene wyd uit mekaar staangemaak, die vasgemaakte strikke en dungeloopte hakke van leerskoene wat stommerig en strammerig ritmes tik op die dik groen gras. Nou en dan kon mens ook eekhorings sien, wat vinnig dinge gryp en dan weer teen bome uithardloop, asof die grond te warm is vir hulle, die senuweeagtige springmielies in die warm pan van die stad. Dalk is hulle bang vir die katte, of die kinders wat die katte bekruip. Wie weet, maar iets jaag hulle. Ek en Die Braai kon nie ‘n oop bank in die skaduwee kry nie, wat nie verrassend was nie, dit was besig vandag. So ons’t onsself maar tuisgemaak op ‘n stukkie trap, daar waar die park so meter of twee klim na die groot fontein se kant toe, in ‘n groot palmboom se graterige skadu, wat mens net vang as jy mooi sou sit en jou lyf yl hou. Die lug om ons was gevul met die reuk van hitte wat opdamp uit die strate en bome en blomme, en die oorskietkos van mense in asblikke wat orals oorloop en drup soos smeltende roomyscones, ‘Hou Ons Stad Skoon/ Keep Our City Pretty’ hulle verbete leuse. Waar’s Zibi as jy hom nodig het? Die skoonmakers kom net op Donderdae vir vullisblikke. Woensdae was vir hondedrolle opsy gesit. Mens kannie al jou werk in een dag afhandel nie, dan skiet jy jouself in die voet. Daar was ook baie klank, alles hier het skynbaar klanke gemaak, behalwe dalk die bome en die gras, maar selfs hulle moes nou en dan ritsel, soos die swaar lug sy gewig van die een voet na die ander versit, soos laagdrukstelsels om die Skiereiland beweeg, stukkende voetblase, pap selwande, deure in ‘n groot huis wat oop en toegaan. “Ai, dis lekker in die Kaap,” het Die Braai gesê en teruggeleun op die trap, hande agter die kop inmekaargevou, voete wat lui plek soek, “Kyk net al hierdie mense, kyk net hierdie lekker son, voel hom, kyk al die eekhorings en die duiwe, die kinders en die dinge. Die plesier.” “Ja,” het ek gesê, so half as antwoord. Dit was stil tussen ons vir ‘n rukkie, terwyl ons seker maar altwee na ‘n manier gesoek het om die gesprek te begin. Toe vra ek maar, “So, wat gaan aan? Wat maak jy deesdae?” Die Braai se oë was half toe, en hy’t definitief die vraag verwag, dis tog net redelik, en het begin, nie gehaasd nie, maar baie definitief. “Ek reis maar nog so rond soos altyd. Soms net van dorp tot dorp, maar was ook bietjie oorsee. Mens bly tog maar waar jy ry. Jy weet, die gewone. Amerika, Engeland en ook Mexiko, wat heel opwindend was, en Honduras, burger-oorlog, jy weet. Amerika is maar nes jy sou dink, Walmarts en hiphop sterre, perfekte grasperke en ghettos, hang af van waar jy uithang en wat jou gif is. Die suide is nogals rof, soos die Vrystaat, as dit in ‘n moeras was, en Bloemfontein vol bluesbars. En die noorde, die koue het my goed gedoen, daar om Lake Superior rond, Duluth, die Groot Mere, jy weet. Die ys brand jou kop skoon, jy dink skielik helderder. Mooi wêreld, woude, bewers, eende. Engeland’s maar net dieselfde as wat almal jou altyd vertel. Grys in die dag, maar uitspattig in die nag. Hang af wat jy doen. As jy geld het of op vakansie is, kan dit pret wees, maar as die moltrein jou net karwei van jou bed na jou werk, dan soek jy vir moeilikheid. Ek was nie lank daar nie, te neerdrukkend. Son gesoek. Op pad terug deur Wes-Afrika, bietjie besigheid, maar voor jy weet, burger-oorlog in die Ivoorkus. Was nou nie in die middel van ‘n panga geveg nie, maar genoeg lyke gesien om ‘n ordentlike kerf op my apoko-toerisme program te wees. Jy weet, apoko-toerisme, die soeke na die geskiedenis van die wêreld, soos dit gebeur, in volkleur. Apokalips. Ek wonder wat gaan aan met mense... “ So’t Die Braai begin, en ons sou seker die heelmiddag daar gesit het, maar die kantoor het my so halfdrie gebel op my selfoon, vol vloekwoorde, en laat weet daar’s ‘n brand êrens op die Vlakte, en waar die hel was ek? Ek moes uitgaan op die storie. Ek’t verduidelik en Die Braai het verstaan, gesê hy moet in elk geval ook seker koers kry. Ek’t hom my nommer gegee en hy’t gesê ja, ons moet iets doen een of ander tyd, dalk visvang of sommer net op ‘n roadtrip gaan, miskien Kunstefees toe in Oudtshoorn. Ek’t gesê ja, natuurlik, dit sal lekker wees, dit sal sommer baie lekker wees. 2. My foon lui so twee weke later, Die Braai praat iets van hengel by ‘n dam naby Stellenbosch êrens. Ja, die naweek is perfek, niks aan nie. Bring ‘n coolbox met ekstra ys, ek sal die drinkgoed bring, sê hy. Nee maar reg, sê ek, en ons maak die reëlings vas. Ek ry die stad uit laat Vrydag-middag. Die naweek drukverkeer is al amper verby, maar die N1 is maar nog stram hier en daar tot verby die Jip de Jager afrit, dan gaan dit beter so verby Durbanville en uit Kraaifontein se kant toe. Dis al amper 7-uur wanneer ek die Klapmuts-afdraai vat, maar dis nog goed lig, die sonsondergang in my truspieëltjie nog nie halfpad so swierig soos hy nou-nou gaan wees nie. Agter in my Beetle lê my visstokkie, een van daai kleintjies wat jy uitmekaar kan haal, soos ‘n skerpskutter se geweer, dit laat my voel soos die ou van Day of the Jackal. As die polisie my nou stop sal die uniform ingenome met ‘n Bic pen teen die driekwart-afgedraaide ruit tik en sê, Waarheen dink jy gaan jy, mannetjie? Verder is daar ook: skepnet, hounet, viskas, roomys-bak vol pap, emmertjie vol erdwurms, slaapsak, 2 kampstoele, gaslamp, graaf, koelboks vol ys, vyf bottels Tassenberg (750ml), ses quarts Black Label, twee quarts Milk Stout, een bottel tequila (goedkoop), een bottel vodka (goedkoop), twee 2liter bottels Sprite, 2liter water, flits, bondeltjie hout, pak Charcoal, pak Blitz, braairooster, ‘n opblaas-eend, ‘n kettie en ‘n Pick & Pay sak vol ronde klippies wat ek in Desember by Onrus opgetel het, spesiaal vir kettie-doeleindes. Dis die laaste uit my geheime wapenopslagplek (Weapons of Mossie Destruction – wel, ek’t gedink dis snaaks op daai tydstip) onder die voorstoep tussen die leë plastiek potplant emmers en ander goeters wat na ou honde ruik, selfs al het ek nie honde nie. Mens weet nooit wanneer ‘n plek nie goeie kettieklippies het nie. ‘Voorkoming kom altyd te laat’ is ‘n slagspreuk wat ek die laaste ruk gereeld verkeerd bewys. Die Braai wag vir my by die petrolpomp in Klapmuts, soos afgespreek. Hy leun teen ‘n Coke advertensiebord en kyk anderpad, na waar ‘n paar skoolkinders luidrugtig die naweek inlui met ‘n bietjie sokker in die stof, tennisbal wat soos pinball-albasters tussen die skerp hoeke van hul bene rondwip. Ek’s vyftien minute laat, maar ek’s altyd vyftien minute laat, so hy gee glad nie om nie. Dis besig op Klapmuts, self maar net ‘n glorified kruispad-stasie, met rooi boere wat grys werkers aflaai en oplaai, ou smouse wat warm tamaties en gekneusde vrugte verkwansel, geknakte broodblik busse wat die stopstraat ignoreer en swaar en vinnig in die rigting van die Paarl begin aanleun. Alles gloei nou oranje, die onsigbare sonsondergang wat die lug bo ons vol kom lê, die einde van ‘n warm dag. Die Braai kyk so na al die items op my agterste sitplek en glimlag. “Ek dag ek’t gesê ek sal die drinkgoed bring.” “Mens weet nooit nie,” sê ek, maar toe ek hom sy goed help inpak, begin ek self twyfel. Een appelboks vol Tassenberg (2,5l bottels), drie kaste Black Label (kannetjies), vier bottels vodka (goedkoop), een bottel tequila (duur), twee 5l bokse witwyn (goedkoop), vier halfjacks Mokador en een bottel Jagermeister. Die kar begin swaar leun op sy asse. “Ja,” sê hy, “ek hoop nie jy hoef Maandag by die werk te wees nie.” Ek maak weer die Beetle se tenk vol, net ingeval, en dan ry ons in die rigting van die berge. Die Braai vertel hy ken iemand wat ‘n wynplaas daar besit en die ou het gesê hy kan enige tyd kom visvang as hy lus is. Dis nie lank nie of ons kry die afdraai-bordjie, gelukkig is dit nog lig, want anders sou ons dalk skoon verbygery het. Glad nie wat mens verwag van ‘n wynplaas nie, geen imposante ingangshek of pseudo-outydse naam nie, sommer net iets generies soos ‘Boskloof’ geverf op ‘n stuk plank wat al te veel weer gesien het. ‘n Ent die pad op, dui Die Braai aan dat die nood druk, so ek stop sommer net so in die middel van die pad. Ons altwee klim uit en staan wydsbeen op die leiwal langs die wingerd. Opslag-lusern en allerhande grasse en onkruide staan welig om ons voete, die wilde vrot metaalreuk daarvan wat gekneusd ons neuse bereik. Bye wat die laat skof werk styg hier en daar op uit die pers lusernblomme. Op die groot grondpad wat nog sigbaar is laer af in die vallei, volg ons ‘n stofstreep wat haastig deur die draaie vleg en dan oor ‘n bult verdwyn. Ons is nou hoog genoeg om ‘n deel van Stellenbosch in die verte te sien. Dalk Idas Valley, dalk nie. Alhoewel die son al onder is, is dit een van daai skitterende somersdae wat nog tot na agt gaan lig gooi, met die reuke van die nag en die dag wat so stadigaan begin meng, die koel en die warm, die plante wat uit verleptheid herstel, die warmgebakte grond se groot asemteue amper hoorbaar onder die wiele. Soos ons verder die stamperige grondpad opry, vensters oop en biere vasgeknyp tussen die bene, praat die laaste dagvoëltjies nog uit die wingerd terwyl die een watervoëlswerm na die ander krul en vou soos linte deur die lug oppad na hul slaapplekke toe. Na ‘n ruk vurk die pad, Die Braai beduie ‘regs’ met sy bierhand, die een wat meer uitgetrap lyk. “Wil net vir die ou gaan sê ons is hier, dat hy nou nie laat vanaand op ons gaslamp begin skiet of iets nie.” ‘n Paar honderd meter verder verskyn die huis tussen die digte bome. ‘n Grasperk lê rofweg vestrooid oor die jaart, nes die blomme, wat groei waar die karre nie ry nie, wit varkoor lelies meestal, maar ook pers agapanthas en een of ander rooi blom. Die huis self is duidelik baie oud, maar geen herehuis soos die wynplase in die reisbrosjures nie, hierdie is nie ‘n skouplaas nie, meer funksioneel. Hulle leuse is dalk iets soos: ‘Ons Maak Wyn - En Dan Drink Ons Dit’. ‘n Lig gaan vanself aan op die hoek bokant die stoep wanneer Die Braai vinning optrippel teen die trappe en ‘n naam uitroep deur die half oop deur. Iemand antwoord skynbaar van binne en hy verdwyn buite sig, die sifdeur wat toeklap agter hom. Dit gee my kans om my bier leeg te maak en die werf te bekyk, of dit wat ek daarvan kan sien. ‘n Groot hond kom nou aangelap van agter af, ‘n ouerige Labrador, jy kan dit sien aan die wit kolle en groot maag. Hy begin so half glimlaggend vir my blaf, maar stop dan skielik en lig sy been teen ‘n koperkraan aan die kant van die stoep, mondhoeke wat so skeeftrek van die lekkerkry. Die Braai se deur staan nog oop, so hy draf daai kant om en loer vir my met ‘n skewe kop, klappende stert en nuuskierige oë. Ek leun oor agtertoe en vroetel rond vir ‘n stukkie droëwors tussen ons verskillende proviand, breek so duim af en sit dit op my hand. Hy’t dit al lankal geruik, maar lyk baie goed geleer, wag eers vir my om my kop so vorentoe te knik soos ‘n koggelmander en dan eers lek hy die stukkie wors van my hand af sonder om my hele voorarm af te byt. ‘n Vinnige sluk en ‘n geklap van kake later draf hy na die agterwiel toe en tik gou ‘n brief. Text messaging prototipe. Microhond Works 2000BC. Dis nou redelik stil en ek kom skielik agter die radio suis net – natuurlik lankal buite Radio 2000 opvangsgebied, seker al vandat ek van die N1 afgedraai het, maar ons’t so lekker gesels ons’t skaars agtergekom. My radiovingers rol die knop so bietjie diekant toe en daaikant toe, maar niks meer as ‘n paar gebroke woorde en skel tunes kom uit nie, so ek skakel die stel af. Gelukkig het ek ‘n hele paar tapes en my ou tape recorder ingepak, plus ekstra batterye. Daar’s nog geen teken van Die Braai nie, so ek klim uit om my bene te rek. Die hond is gou by en stamp teen my been vir aandag en draf dan vooruit, terug na waar hy vandaan gekom het. Ek volg hom verby die kant van die huis waar allerhande rankplante teen pale en patiopilare rank, die pers blomme wat soos vet kouse daar hang, die reuk van ou tannie deodorant, maar warmer, meer lewendig as muwwerig. Links onder die bome steek ‘n ou Mercedes by die waenhuis uit. Dis nog ‘n ou klipwaenhuis, met trappies aan die kant wat na ‘n solder lei. Rooivlerkspreeus krap teen die geute soos hulle slaapplek soek vir die nag, hul helder roepe wat soos klein klippies deur die lug suis en dan in diep waters plons. Agter die huis is daar nog ‘n groot stoep, maar op grondvlak, en die gras is weliger, asof dit minder gesny word. Of dalk ry daar net nie karre nie. Die grasperk val weg in ‘n groot swembad, wat donker lyk, mens kan nie seker wees of die water blou of groen is nie. Dit sprankel soos ‘n groot vierkantige oog, die water nie heeltemaal stil nie, asof iemand nou-nou nog geswem het, of dalk is daar ‘n stil Kreepy Krawly wat sy rubberlippe teen die bodem stompstamp. Ek spits my ore, maar hoor niks nie, en sien dan die nat voetspore van waar die trappies uitkom. Ek plaas my skoen langs die nat kaalvoetspoor. Dis kleiner as myne, maar nie veel nie. Dalk ‘n vrou s’n, of so wil ek natuurlik dink. Dieper die tuin in, tussen allerhande wildgroeiende struike en onbekende blomme, staan ‘n gehawende gazebo. Neffens dit lei ‘n toegegroeide voetpaadjie na iets wat soos ‘n tennisbaan lyk, maar dis moeilik om te sien van waar ek staan. Duidelik het Boskloof al meer glorieryke dae beleef. Die hond druk weer teen my en die keer het hy ‘n vuil tennisbal in sy mond wat ek probeer gryp sodat ek dit vir hom kan gooi, maar hy ruk sy kop weg en hardloop weer om die huis. Ek hoor ook dan die deur klap en loop haastig om na waar Die Braai al amper in die kar is. “Hy sê dis cool. Hy’t blykbaar ‘n partytjie hier aan môre-aand, so hy’t gesê ons kan kom as ons wil, want dit gaan maar rumoererig wees. As ons gedink het ons gaan in stilte visvang.” “Ons kyk maar hoe byt die vis, as dit byt-tyd is, sit ek daar, rumoer of te nie.” “Ja, ons kyk. Hy sê een van sy werkers het in Desember ‘n 9kg spieëlkarp uitgetrek hier, so dalk is ons gelukkig. Ook groot babers.” “Afrika se grootwild, nice.” Ons praat geesdriftig terwyl ek ‘n wye u-draai maak voor die huis, oor die gras soos ek kan sien al die ander karre maak, en dan ry ons terug na waar die vurk in die pad is en vat die keer die ander tak. Ons is weldra teen so klein stroompie, waar die populierbome dinge heeltemaal vergroei. ‘n Paar groot ou wilgers se lang slap takke sleep ligweg op die grond en streel soms oor die dak van die kar. Die soet reuk van die bome vul die kar, voeg ekstra smaak by elke sluk bier. Dit laat my dink aan toe ek klein was, klein genoeg om aan takke te swaai soos Tarzan. Daai groot wilgerboom in die voortuin waaronder ons altyd tee of koffie gedrink het in die somer. Geelvinke het gedurig die takke kaalgestroop en met morsige entoesiasme nesgebou. Tot een jaar, toe die weerlig die boom raakgeslaan het. Stadigaan het dit begin vrek en later, toe net een tak nog gelewe het, het my pa besluit om dit maar af te saag, voor die wind dit omwaai en die hele spul op die huis val. Ons’t die boom aanvanklik gemis, maar nie vir lank nie, want ons krieketveld het skielik ‘n nuwe dimensie bygekry. Mens kon nou ook na die bykant speel. Links van ons is nog ‘n stuk wingerd teen die steilte en dan die berg, nou al hoe donkerder teen die lug, die skadukant van die kloof. Die dam is aan die einde van die pad, ‘n groot, vol gronddam wat seker die grootste deel van die plaas se bron van besproeiing is. Die oewer is mooi skoon en begroei met kikoejoegras, met ‘n paar perfek geplaasde skadubome sigbaar. “Parkeer sommer hier, dit lyk goed,” sê Die Braai en ek ry stadig oor ‘n paar klippe na die grasoewer, “ons kan môre skuif as dit lyk of daar beter plekke is.” Ons klim uit en begin vinnig dinge gereedmaak voor die laaste van die lig verdwyn. Die gaslamp gaan eerste aan, en die bietjie nag om ons word vinnig verdoof deur die gesis van die lig, wat wit en wyd ‘n sirkel gooi, net ons twee en die kar en die bruin water en die groen gras. Voor ons verder drink of dink aan kosmaak, sit ons ons visstokke aanmekaar, hoeke en sinkers aan, en rol so bietjie pap vas om die hoek. Sodra ons ingegooi het, nie ver nie, sommer net so tien tree in, sit ons elkeen ‘n helderkleurige poliesman aan, draai ons katrolle se brieke los en maak die stokke staan oor mikstokke, wat Die Braai saamgebring het. Die twee kampstoele word uitgevou en ons plak ons lywe genoegsaam daarin neer, die koelboks tussen ons. Ons sal later ‘n vuur bou, wanneer dit kouer begin raak, of wanneer ons honger is en lus voel om iets op die kole te gooi. Na ‘n rukkie staan ek op om die gaslamp, wat reeds ‘n swetterjoel motte en allerhande goggas begin lok het, af te skakel. Dit vat die nag so paar minute om uit sy dop te kruip, maar dit begin weldra dreun om ons soos die paddas en die insekte begin te roep en te skuur, met naguiltjies, dikkoppe en kiewiete wat kort-kort skel mondfluitjies en toeters blaas uit onsigbare oorde. Dis nou heeltemaal donker en bokant ons lê die lug vol sterre, van die skerp swart rand van die berge tot daar waar Stellenbosch en die stad se ligte dit begin uitdoof na die westekant toe. Daar’s nie ‘n maan nie, maar die landskap om ons is tog effens belig, dalk omdat die sterre so helder is, dalk omdat al die dag se son nog nie verdamp het nie, asof die aarde ligweg gloei van onder sy growwe kors. Tussen die bome deur is ‘n lig sigbaar uit die rigting van die eienaar se huis. Ons is seker amper ‘n kilometer weg van die huis, soos die kraai vlieg. Voor ons strek die dam in die donkerte uit, so 70 meter wyd teen sy wal, en niks meer as 4 meter diep nie. Dalk nog vlakker, afhangende van hoeveel slik hier inspoel. Die Braai begin te praat terwyl hy afbuk om stekelrige grassaadjies uit sy kouse te trek. Wewenaars. Dit laat my ook afkyk en ek sien myne is ook vol daarvan. Het dit seker opgetel toe ons vroeër langs die pad uitgeklim het. So tussen slukke bier, knyp ons altwee nou met ons vingers om ons enkels rond om dit af te trek. Die verdomde goed is ook orals, sit selfs in die veters vas. “Ons moet versigtig wees vir bosluise ook,” sê ek en loer na my visstok, “hier tussen die grasse en palmiete sit hulle seker dig teen mekaar.” “Ja,” sê Die Braai, “ons sal maar Sondagaand met spirits moet afwas. Hard skrop tussen die tone. Of Little’s Dip vir sjampoe gebruik.” “Lutjet.” “Dettol.” “Ja, die gevare van hengel. Kontaksport.” “Nes jy dink jy’s voor, trek tifus jou neer.” “AIDS.” “Ons vir jou...” “Verworwe Immuniteits-gebrek Suid-Afrika.” So begin ons die tyd verwyl. Met die visstokke wat stil is en die koelboks vol, praat ons vir ure en ure. Nou en dan staan ons op om ‘n draai te gaan loop of om in te katrol, aas te inspekteer en weer in te gooi. Na ‘n ruk verander ons van aas. Die Braai steek die gaslamp aan en nou ryg ons met baie moeite – bier maak alles stomper en ronder - ‘n paar vet, wriemelende erdwurms deur die hoeke, vee die gronderige slym aan ons broeke af en gooi weer in, dieper die keer. Die sinkers is swaar genoeg dat die plons hoorbaar is bo die geblaas van die gaslamp. Ek kry die bondeltjie hout en vuurmaakgoed uit die kar uit en bou ‘n klein vuurtjie so vyf meter weg van waar ons sit. Gou-gou brand dit mooi hoog, die natterige hout wat baie vonke maak en sis soos die sap uit die stompe uitbraai. Ek volg die vonke soos hulle in die lug opvlie, so meter of twee, dan wen die nag hulle. Moeg vir bier, kry ek ‘n bottel Tas vir ons elkeen. Ons’t nie ‘n tent gebring nie – die weervoorspelling het goed gelyk – so as dit slaaptyd word, moet ons op binne-aarse verhitting kan staatmaak. So sluk of wat later roep Die Braai ewe skielik dat ek ‘n byt het, so ek los die hoendervlerkies net so langs die vuur en spring die paar treë na my stok toe. Ja wragtag, dit roer. Die poliesman wip so paar keer hewig, kruip dan laer en laer. Ek maak die briek versigtig vas en katrol die slap lyn in, dan is daar skielik weer ‘n stewige pluk en ek kap dat die vale hel so staan. Die vis voel vas, nou weliswaar nie ‘n baie groot vis nie, maar ek’t so lanklaas iets aan ‘n lyn gehad dat dit sommer baie goed voel. Ek katrol hard maar egalig in en die vis begin eers terugveg hier naby die kant, ons kan hom hoor woel in die vlak water. Die Braai staan intussen nader met die skepnet en die flits. “Dis ‘n baber. So kleintjie,” sê hy toe ek hom weer wal toe draai. Dan’s hy naby genoeg en Die Braai skep hom behendig uit. Die vis is so 50cm lank, nie meer as so 3,5 kg nie. “Nee wat, laat hom maar gaan,” sê ek vir Die Braai en hy wikkel die hoek los. “In die verhemelte ingekap, jy moet versigtig, jy gaan nog ‘n vis onthoof,” sê hy en laat die baber met ‘n ligte spat terug in die dam val. “Eish, hulle almal tel. 1 – 0. ‘n Vis is ‘n vis.” “Ja,” sê Die Braai terwyl hy sy hande droogskud en sy bottel weer om die nek vat, “wag maar, die naweek is nog lank.” Ek sit weer aas aan. Ons weet ten minste nou dat die babers die erdwurms gaan vat. Die Braai het so paar dooie vinke ook saamgebring, wat hy êrens geskiet het vroeër die middag, so dalk gaan ons later vir die groot menere en sit so bietjie vinkvleis aan die hoek. Toe my lyn weer rustig in die water is, keer ek terug na die vuur, wat nou al laag genoeg brand vir ‘n bietjie braai-aksie. Ek pak die hoendervlerkies netjies uit op die klein toeklamp rooster, gooi so bietjie braaisout oor en maak dit staan oor die vuur. Die kole is egter nog te warm, ek kan die vleis hoor brand, so ek soek nog ‘n paar klippe en stel die rooster dan hoër op. Ek bly daar by die vuur, op my hurke. “Gee bietjie my wyn aan, asseblief,” vra ek Die Braai, wat stil-stil al byna deur sy bottel is. Hy voel rond by my stoel, kry die bottel en gooi dit versigtig na my toe. Ek vang gelukkig raak, maar selfs al het dit geval sou dit nie gebreek het nie, die kikoejoe is ‘n sagte tapyt onder ons voete. Met ‘n mondvol wyn verstel ek die rooster effens, rol die wyn rond tussen tande, oor tong, teen verhemelte en laat dit warmerig in my keel afloop. Die nag is nog nie regtig koud nie, maar die wyn vou weldra soos ‘n elektriese kombers om my. In my skoene rol my tone soos ryp dadels. Darem maar lekker. Wanneer die hoender vir die eerste keer gedraai word, sout ek die kant ook en inspekteer dan met die flits hoe dit vorder. Net reg, so lekker stadige braai, dis nou hoog genoeg. Dis die geheim vir hoender, vat hom rustig. Na so vyftien minute of wat, sit ons in stilte en vlerkies eet. Al die bier en wyn het ons goed honger, so ons eet tot teen die laaste been. Skielik word Die Braai se stok skoon van sy mikstok afgepluk en begin al so lê-lê aansit water toe. Die briek skree soos hy lyn gee en so tussen hoenderbeentjies wat die donker inwaai en ‘n effe dronk struikel, kap Die Braai dat die spatsels water teen my voorkop sit. “Vat hom rustig, bra,” sê ek, maar ek kan sien dis ‘n groot vis, hy gee nog skiet en sy arms en skouers leun die stok in sy lies in soos hy beur teen die onbekende massa. “Hiert!” bokspring Die Braai nou van plesier, “Kyk! Hier kom hulle nou! Kry solank daai skepnet gereed...” Ek’s reeds op my pos en voel-voel by die braaikole rond vir die flits. Steeds gee Die Braai skiet en die vis hardloop na regs en is oppad om oor my lyn te kruis, so ek gryp gou my stok en katrol in, ek’s gelukkig nie te diep nie, seker ‘n waterskilpad of iets wat my aas ingedra het. Die Braai katrol nou in, maar glad nie egalig nie, die vis wen nog. Die ding is, ons’t baie klein stokkies en ons lyn se breekkrag is maar so 3,5kg, so dis versigtig werk en mooipraat, anders is dit lyn af en basta vis. Maar

mg's avatar

mg Aug 20, 2008 Rating: 1

Hey 'Freelancer' ek sal deel 'n ys koud toring met u maat.

mg's avatar

mg Aug 20, 2008 Rating: 1

Hey 'Had Enough', if you hurry you might just catch that bandwagon!

Freelancer's avatar

Freelancer Aug 20, 2008 Rating: 1

We should all get together sometime and have a couple of beers. That was rather entertaining , I had no idea one comment could result in so much dialogue. SOUTH AFRICANS RULE.

robro's avatar

robro Aug 19, 2008 Rating: 0

stop with your freakin phrase 'mucking about' surfville. You take it deep you homo!

Shorey's avatar

Shorey Aug 19, 2008 Rating: -2

shame

Kiwi John's avatar

Kiwi John Aug 19, 2008 Rating: 1

Cake?

powergrooves6's avatar

powergrooves6 Aug 19, 2008 Rating: 1

INSULT TO BISCUIT IN FOWL SWOOP

Kiwi John's avatar

Kiwi John Aug 19, 2008 Rating: 2

ummmm biscuit, nom nom nom.

Kiwi John's avatar

Kiwi John Aug 19, 2008 Rating: 2

and to add insult to injury, you "sith ifrikan" fellas got soooo dicked in the rugby!!!

Kiwi John's avatar

Kiwi John Aug 19, 2008 Rating: 1

and to add insult to injury, you "sith afrikan" fellas got soooo dicked in the rugby!!!

had enough's avatar

had enough Aug 19, 2008 Rating: 1

NAH I MEANT WHAT I SAID!!

yobbydobby's avatar

yobbydobby Aug 19, 2008 Rating: 2

Shorey, CHILL OUT HAVE A BISCUIT

yobbydobby's avatar

yobbydobby Aug 19, 2008 Rating: 1

Shorey, HAHAHA WHY ARE YOU GETTING SO WORKED UP!? DONT TAKE COMMENTS PERSONALY!!!

had enough's avatar

had enough Aug 19, 2008 Rating: 1

Hey surfville ,why am I not in with the nasties credits?

powergrooves6's avatar

powergrooves6 Aug 19, 2008 Rating: 1

yep I'm so sorry shorey --but you talk COCK and pretencious COCK at that!!

surfville's avatar

surfville Aug 19, 2008 Rating: 0

SHOREY LOVER AND FREELANCER: EVERYONES SENSE OF HUMOUR IS DIFFERENT, ITS ALL CALLED MUCKING ABOUT,!- YEAH YOU COMPLAIN NO ONE LIKES IT, BUT WHY ARE YOU REACTING/BOTHERED BY IT SO MUCH THEN- IF YOU DIDNT LIKE IT THEN WHY BOTHER REACTING, OR BE BOTHER ABOUT IT, JUST IGNORE IT!!

powergrooves6's avatar

powergrooves6 Aug 19, 2008 Rating: 0

Here Here!!!

surfville's avatar

surfville Aug 19, 2008 Rating: 0

SHOREY LOVER AND FREELANCER: EVERYONES SENSE OF HUMOUR IS DIFFERENT, ITS ALL CALLED MUCKING ABOUT,!- YEAH YOU COMPLAIN NO ONE LIKES IT, BUT WHY ARE YOU REACTING/BOTHERED BY IT SO MUCH THEN- IF YOU DIDNT LIKE IT THEN WHY BOTHER REACTING, OR BE BOTHER ABOUT IT, JUST IGNORE IT!! P.S SURFVILLE, POWERGROVES AND PROSURFER= RESPECT!

had enough's avatar

had enough Aug 19, 2008 Rating: 1

Shorrey-- I apoligies what you just wrote is very funny!!!

Shorey's avatar

Shorey Aug 19, 2008 Rating: -2

Attack me all you want, the truth of the matter is that looking at pictures of others on this site is the closest you will ever get to the "proper" stuff as you put it. What do you get, like 10 good days of surf a year? ps 2-3 foot onshore isnt good. In order for me to have a sense of humour I first need to hear something funny.

yobbydobby's avatar

yobbydobby Aug 19, 2008 Rating: 2

Shorey and Lancer . . . . . get some sort of sense of humour or something..... like 'had enough' said, your boring!!!

Shorey's avatar

Shorey Aug 19, 2008 Rating: 1

Didnt know I to be insulting to be interesting.

had enough's avatar

had enough Aug 19, 2008 Rating: 2

SHAME YOUR FECKING BORING!!!!!!

had enough's avatar

had enough Aug 19, 2008 Rating: 0

Shorey lover and lancer you seem like really sensible level headed people and I am glad you have brought reason to this site.

had enough's avatar

had enough Aug 19, 2008 Rating: 0

Shorey's avatar

Shorey Aug 19, 2008 Rating: 1

They are just jealous freelancer.

Freelancer's avatar

Freelancer Aug 19, 2008 Rating: 1

That is scary stuff ,as for Poogrooves and Stupidville you really need to grow up.Those who cant do , become critics.I am sorry for you that your parents dropped you on your heads when you were small , but I dont think anyone really enjoys your stupid comments.If you dont enjoy the pics then dont look at them , there is enough negativity in this world.

Toms Big Wave's avatar

Toms Big Wave Aug 19, 2008 Rating: 1

your wave is exellent!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!:D

Shorey's avatar

Shorey Aug 18, 2008 Rating: 0

...and the great white went left

yobbydobby's avatar

yobbydobby Aug 18, 2008 Rating: -7

its a small wave. End of!!! ive seen bigger waves in a fish tank.

stephenjones102's avatar

stephenjones102 Aug 18, 2008 Rating: 2

Yes, thanks for the link: so much better than this one shot! Incredible stuff.

sjm's avatar

sjm Aug 18, 2008 Rating: 1

Thanks for the link archie. Inspiring, well in the sense that it'll never be me out there...ever!!!

fabigster's avatar

fabigster Aug 18, 2008 Rating: 1

this is big...!

archie69's avatar

archie69 Aug 18, 2008 Rating: 1

check out the youtube clip on www.wavescape.co.za to get a perspective of this break

archie69's avatar

archie69 Aug 18, 2008 Rating: 17

the reason for all the negative comments are that they dont have the balls to be out there.i lived in cape town and was quite happy on the boat thanks.this wave is far out,breaks over a deap channel full of BIG fish and is freaking huge.the early pioneer-pierre de villiers- and his mates use to paddle from land ....no boat, no jet ski,no back-up.NOW THATS BALLS

*azza*'s avatar

*azza* Aug 18, 2008 Rating: 14

sick wave. keep it up guys

Anth's avatar

Anth Aug 18, 2008 Rating: 3

i love the "shopping trolley" all the press etc are in, looks awesome. and whats with the two ninjas on a jet ski, now thats a rare site! really hope the guy on left makes it, pretty nasty. do you think the surfers ever scrap over what colour board "no i want the orange one, you had it yesterday" hehe nice discussion going on too lol

powergraves's avatar

powergraves Aug 18, 2008 Rating: 1

Shassszzbatt

mg's avatar

mg Aug 18, 2008 Rating: 13

Fluffygrooves, it's Surfville - not Surville! Did you even go to school?

catfish's avatar

catfish Aug 18, 2008 Rating: 15

The guy on the right is Anthony Tashnick, the guy in the middle is Twiggy Baker and the guy going under the lip is Carlos Burle. If you know these men you can understand that this is some very serious paddle surfing. The finnal of Red Bull BWA and I doubt anybody on this BB could even catch a wave this day let alone be in the lineup. They broke something like 15- 20 boards this day, avearge board is 10ft!

crazychimpjimbo's avatar

crazychimpjimbo Aug 18, 2008 Rating: -1

Awesome wave, in a nice place too!

silver's avatar

silver Aug 18, 2008 Rating: -1

proudly south african bru....that wat we are...proud south africans.

fltraveler's avatar

fltraveler Aug 18, 2008 Rating: 3

why does eveyone on this site have to be so damn ctritical all the time. cant just be like nice wave. have to act like your the next slater. that wave is like 2 to 3 bro, i could surf that with my eyes closed, i dont even need to paddle i could just rocket myself into it, last time i surfed this place it was 100 ft. blah blah blah.if your all so doo then why arent you guys out there. come surf in fl and youll prolly be laughed back to shore. be greatful for the waves you have. kooks

robro's avatar

robro Aug 18, 2008 Rating: 0

this guys a weeny. he should be gettin shacked!

surfville's avatar

surfville Aug 18, 2008 Rating: -1

THATS RIGHT POWERGROOVES, WE'VE GOT TO STICK TOGETHER!- AFTERALL WE DID GO OUT!!!lol

lakeMIsurfer's avatar

lakeMIsurfer Aug 18, 2008 Rating: 0

wow! i would crap my pants if that was me.

Binger Photo's avatar

Binger Photo Aug 17, 2008 Rating: 1

Guy all the way on the left ... haha ditched his board like no tomorrow. Guy on the right has to be pissed he got dropped in on...

powergraves's avatar

powergraves Aug 17, 2008 Rating: 9

Feack me--surville your more hated than me!!!way to go; Offer em a ralph-cake----and they'll love ya--pussies

Adzo's avatar

Adzo Aug 17, 2008 Rating: 2

Go Surfville! Somewhere else.

buffalo's avatar

buffalo Aug 17, 2008 Rating: 14

woooah that guy on the blue board under thelip top loeft is gonna eat it big time... balls of steel!!! good on you guys!!!

Kiwi John's avatar

Kiwi John Aug 17, 2008 Rating: -2

Surfville, do you live in tamworth and have delusions of grandeur dreaming of that 80ft swell you nailed in Skegness or are you the next hardcore big wave rider to hit the tour?

ripper777's avatar

ripper777 Aug 17, 2008 Rating: 1

that day it was 15-20ft.two weeks later (8,9,10th august) people were charging dungeouns which was between 60-70 ft. Although big, that day is nothing like how big dungeouns can get...

Platinumfinz's avatar

Platinumfinz Aug 17, 2008 Rating: -1

This is the Red Bull. Paddle in Surfing. Note these guys aren't on small strap-in boards.

yobbydobby's avatar

yobbydobby Aug 17, 2008 Rating: 0

Pussios, its a small wave. End of!!! ive seen bigger waves in a fish tank.

surfville's avatar

surfville Aug 17, 2008 Rating: -2

..........I DO KNOW HOW, ITS EASY: HANG ON TO THE ROPE OF THE JET SKI ON TO THE WAVE A RIDE IT JUST LIKE ANY OTHER WAVE ALBEIT MUCH MORE BUMPIER! BY THE LOOKS OF THINGS THIS WAVE DOESNT LOOK TO BAD.........YOU WANT TO TRY RIDING THE PROPER STUFF!!!

Gsurf's avatar

Gsurf Aug 17, 2008 Rating: 0

Wow id love a go!! id probably die but how bad.

Carns's avatar

Carns Aug 17, 2008 Rating: 4

are those guys on the left in a big shopping trolley or what? looks like an awesome wave though :D guy paddling out looks like hes about to get a nailing!!!

Kkickass!'s avatar

Kkickass! Aug 17, 2008 Rating: -3

haha poo stance it straight thats the future that is! :)

Raymond Hoogendorp's avatar

Raymond Hoogendorp Aug 17, 2008 Rating: -1

Cool Surfs Up www.Flub.nl

Kiwi John's avatar

Kiwi John Aug 17, 2008 Rating: 1

The gezzer on the right needs to GO like the clappers cause hes gonna get caught eventually, the gezzer on the left might end up on top of the one bloke thats in the right place and having a blinder. Could all end in tears!

jugglia's avatar

jugglia Aug 17, 2008 Rating: 16

think the guy paddling made it...?

wKrapf's avatar

wKrapf Aug 17, 2008 Rating: 4

i believe that the one surfer's got the rebellious spirit to throw away all precedents and GO STRAIGHT!

Sunam007's avatar

Sunam007 Aug 16, 2008 Rating: 1

Surfville . Of course its easy when you know how . Getting to know how is the problem . Takes years of experience , practice and pushing the limits . Them guys have real balls !!!

sse's avatar

sse Aug 16, 2008 Rating: 1

NICE! but, um wheres that other guy going?

Craig_T's avatar

Craig_T Aug 16, 2008 Rating: 14

easy 2 ride r u mad....u seen the size of that thing man! concentration is paramount! not easy in my eyes :p

jleb's avatar

jleb Aug 16, 2008 Rating: 1

Is that guy going left?

surfville's avatar

surfville Aug 16, 2008 Rating: -1

ITS EASY TO RIDE THIS SORT OF THING WHEN YOU KNOW HOW....

catfish's avatar

catfish Aug 14, 2008 Rating: 15

speachless!

Tags

Nearby